Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Lighthouse Family kom vir eerste keer na SA
Tunde Baiyewu en Paul Tucker van The Lighthouse Family Foto: Big Concerts

Die Britse musiekduo Lighthouse Family toer in Maart in Suid-Afrika vir die eerste keer.

Hulle sal op 20 en 21 Maart in die Teatro, Montecasino optree in Johannesburg en op 24 Maart in die Grand Arena, Grand West in Kaapstad.

Kaartjies word van Donderdag 31 Oktober om 09:00 verkoop.

Meer as tien miljoen van die duo se albums is al die afgelope 25 jaar verkoop. Tunde Baiyewu en Paul Tucker het die Lighthouse Family by die universiteit van Newcastle, Brittanje in die vroeë 1990’s gestig. Hul eerste album Ocean Drive het ses keer platinumstatus bereik en het drie jaar op die trefferlys geboer. Altesaam 2,75 miljoen kopieë is verkoop.

In 1997 het die duo hul tweede album, Postcards from Heaven, uitgereik. Op die album was daar drie liedjies in die toptien – (“Raincloud”, “High” en “Lost in Space”) en twee top-30-treffers. Die album het ook ses keer platinumstatus behaal. Dit het groot sukses in Europa, die Verre Ooste, Australië en Nieu Seeland behaal en het wêreldwyd 4 miljoen albums verkoop. Hul derde album

Whatever Gets You Through The Day (2001) is bekend om die toptientreffer “I Wish I Knew How It Would Feel to Be Free/One”, ’n mengsel van ’n U2-treffer en ’n lied deur Nina Simone. Na die album het die duo uiteengegaan. Blue Sky In Your Head, hul vierde album, het nogtans onlangs die lig gesien.

Kaartjiepryse is van R630 in Johannesburg en is op die webblad www.bigconcerts.co.za van 09:00 op 31 Oktober beskikbaar. Kaartjies vir Kaapstad is R515 en is ook van 09:00 af op 31 Oktober om 09:00 beskikbaar.

Meer oor:  Musiek  |  Lighthouse Family
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.