Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
+LIVE+ stel SA toer tot 2021 uit

Die Amerikaanse rockgroep +LIVE+ het aangekondig dat hulle ook weens die pandemie gedwing is om hul toer na Suid-Afrika uit te stel.

Die lede van +LIVE+ is: Chad Taylor, Ed Kowalczyk, Chad Gracey en Patrick Dahlheimer. Foto: Verskaf

Die groep – wat bestaan uit Ed Kowalczyk (sang, kitaar), Chad Taylor (kitaar, sang), Patrick Dahlheimer (baskitaar) en Chad Gracey (tromme, slagwerk) – sou op 6 November in Pretoria en op 10 November in Kaapstad opgetree het.

Dié datums is nou met ’n jaar aangeskuif: Hulle sal op 2 November (2021) in die Grand Arena in GrandWest, Kaapstad, te sien wees, en net ’n paar dae later op 5 en 6 November in Time Square se Sun Arena in Pretoria.

“Hoewel ons teleurgesteld is dat ons nie hul konserte vanjaar (in Suid-Afrika) kan vervaardig nie, is ons baie bly dat ons nie die konserte moes afstel nie en sien ons daarna uit om +LIVE+ in 2021 in Suid-Afrika te verwelkom,” sê Andy Mac, eienaar van AMP Events, in ’n mediaverklaring.

Aanhangers wat kaartjies vir vanjaar se konserte gekoop het hoef nie bekommerd te wees nie: Die kaartjies word na volgende jaar oorgedra.

“Daar is nog ’n silwer randjie op dié wolk,” sê Mac. “Die kaartjiepryse vir 2021 gaan presies soveel kos soos dit vanjaar het om te verseker dat alle aanhangers dieselfde regverdige ondervinding het.”

+LIVE+ is in 1984 in die Amerikaanse deelstaat Pennsilvanië gestig. Hulle het oor die dekades heen wêreldwyd bekend geword vir liedjies soos “Lightning Crashes”, “I Alone”, “Selling the Drama”, “The Dolphin’s Cry”, “Overcome” en “Heaven”, en het reeds meer as 22 miljoen albums verkoop.

Die groep het laas in 2017 in Suid-Afrika opgetree. Hulle sou vanjaar terugkeer om die 25ste herdenking van hul derde ateljeealbum, Throwing Copper, te vier. Hulle sal dít nou volgende jaar moet doen.

Kaartjies vir dié 2021-konserte wissel steeds tussen R495 en R795. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Grandwest  |  Time Square  |  Sun Arena  |  Grand Arena  |  Amp Events  |  Andy Mac  |  Throwing Copper  |  Heaven  |  Selling The Drama  |  I Alone  |  Overcome  |  Lightning Crashes  |  The Dolphin’S Cry  |  Chad Gracey  |  Patrick Dahlheimer  |  Ed Kowalczyk  |  Chad Taylor  |  Rockmusiek  |  Pandemie  |  Staat Van Inperking  |  +Live+  |  Rock  |  Musiek  |  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie  |  Live  |  Covid  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.