Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Lok van Beethoven se hare opgeveil

’n Lok van die Duitse komponis Ludwig van Beethoven se hare word binnekort opgeveil.

Volgens die veilingshuis Sotheby’s het die komponis dié lok in 1826 aan die pianis Anton Halm gegee.

’n Lok hare van Ludwig van Beethoven.Foto: Sotheby’s

Die hare is met ’n sy-garing vasgebind en geraam in ’n ovaal 19de eeuse raam.

Op die rugkant van die raam is dié inskrywing in Duits:

“Haarlok van Beethoven. Uit die besit van prof. Julius Epstein. Laasgenoemde het die haarlok van sy onderwyser Anton Halm bekom wat dit geskenk het as ’n prys vir ’n liefdadigheidslotery, maar dit teruggewen het.”

Locke Beethovens. Aus dem Besitze von Professor Julius Epstein. Letzterer erhielt sie von seinem Lehrer Anton Halm widmete sie als Treffer einer Wohltätigkeits-Loterie und gewann sie zurück.”

CNN berig dié item kan tussen $15 000 en $19 000 behaal en vorm deel van die veilingshuis se belangrike veiling van manuskripte, kontinentale boeke en musiek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.