Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
LUISTER: 12 SA sangers sing ‘Stille nag’

Die Mzansi-jeugkoor (MYC) en 12 van Suid-Afrika se topsangers, onder andere Coenie de Villiers en Corlea Botha, het kort voor Kersfees ’n hartroerende verwerking van “Stille nag” uitgereik.

Die geliefde Kersliedjie is deur Doron Kanar en James Bassingthwaighte verwerk en word in ses van Suid-Afrika se amptelike tale gesing: Afrikaans, Engels, Sotho, Tswana, Xhosa en Zoeloe.

Die res van die sangers is Ami Faku, Donald, Elvis Blue, Lira, Nádine, Ntsika, Riana Nel, Tarryn Lamb, Timothy Moloi en Yanga.

Marlon Witbooi (tromme), Simon Nyivana (saksofoon), Thokozani Nsibande (uhadi), Tshepo Mohlala (baskitaar) en Wouter Kellerman (fluit) is ook op die snit te hoor.

Luister hier:

Meer oor:  Riana Nel  |  Donald  |  Nádine  |  Musiek  |  Elvis Blue  |  Lira  |  Coenie De Villiers  |  Tarryn Lamb  |  Corlea Botha
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.