Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Luister: André Schwartz se nuwe enkelsnit
“Ek sal wag” is André Schwartz se nuwe enkelsnit.

Die sanger André Schwartz se nuwe enkelsnit “Ek sal wag” is Vrydag uitgereik.

Sy nuwe album, wat die enkelsnit insluit, word in Julie uitgereik.

Hanmari de Wet, wenner van die kykNET Afri-Visie, het die lied geskryf wat handel oor ’n onwrikbare geloof in die liefde.

Die boodskap gee ook hoop dat seer genees kan word en dat jy nooit moet ophou baklei vir wat jy wil hê nie.

“Die liedjie het dadelik my aandag getrek as gevolg van die besonderse lirieke en melodie, maar ook oor die verhaal wat dit vertel,” sê Schwartz.

Die musiekvideo sal op 10 Mei die lig sien. Schwartz sal die konsepontwikkeling en Christiaan Wolf die regie doen.

Schwartz, wat vroeër vanjaar bekend gemaak het dat motorneuronsiekte by hom gediagnoseer is, glo die snit sal goed ontvang word omdat die tema universeel is.

“Ons moes al almal moeilike struikelblokke oorkom, maar die krag lê nie daarin om weg te stap sonder oplossings nie. Ons moet bereid wees om die goed en die sleg te trotseer en daaruit te leer.”

André Schwartz se nuwe album word in Julie uitgereik.

Die storie word vertel deur middel van kinders wat met poppe speel.

“Ek het dieselfde uitrusting aan as een van die poppe en daar is ’n konstante verskuiwing tussen ’n fiktiewe wêreld en die werklikheid. Dit speel af teen die onskuld van kinders wat nou die spel manipuleer maar dit is eintlik ’n blik op hul emosionele toekomswerklikheid. Dis pure kabaret teen die agtergrond van ’n oënskynlike naïewe liedjie.”

Schwartz het op 14-jarige ouderdom sy debuut op televisie gemaak en het reeds 16 albums op sy kerfstok.

In die teaterwêreld het hy bekendheid verwerf in musiekblyspele soos Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat, Jesus Christ Superstar, Pirates of Penzance en The Phantom of the Opera.

Vir sy rol in The Phantom of the Opera het hy baie pryse ontvang.

Hy werk ook aan ’n nuwe produksie met die naam Die pad.

Dit word beskryf as ’n vreugdevolle en nostalgiese reis deur die lewe van hierdie ongelooflike musikant. Dit bied ’n kombinasie van musiek, staaltjies uit André se verlede en hede en stel sy fenomenale stem ten toon, wat dit maklik maak om te sien hoekom hy sir Andrew Lloyd Webber se stempel van goedkeuring dra.

“Ek sal wag” is op alle digitale platforms beskikbaar.

Meer oor:  Musiek  |  André Schwartz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.