Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
LUISTER: Andriëtte sing weer ná operasie

Die sangeres Andriëtte sê sy het weer die selfvertroue om op ’n verhoog te stap en na hartelus te sing.

Andriëtte, wat in 2007 die naaswenner van die vierde reeks van Idols South Africa was, het in Januarie 2018 op haar Facebook-blad onthul dat sy ses weke tevore ’n operasie ondergaan het om poliepe op haar stembande te verwyder.

Die operasie was ’n sukses, maar haar terugkeer tot die verhoog het ’n wyer draai geneem as wat sy aanvanklik verwag het.

“Die herstelproses was nie so vinnig soos ons gehoop het nie,” sê sy aan Netwerk24.

“Twee jaar se probeer – om soms op ’n verhoog te klim en net weer te voel hoe my stem ingee – was baie uitputtend.

“Maar met baie stemopleiding het ek weer my stem terug en kan ek weer met selfvertroue op ’n verhoog stap.”

Andriëtte is ná ’n operasie op haar stembande weer vol woema. Foto: Salomien Smal

Die sangeres sê sy het haarself in die stiltetyd baie beter leer ken, geduld aangeleer en sterker geword – ook hoe noodsaaklik dit is om “klein oorwinnings te vier” en dit te waardeer.

Dít het haar die woema gegee om haar eerste album in vyf jaar, Hartsland, op te neem en dit op 24 April uit te reik.

Die nuwe album se eerste enkelsnit, “Druppel in die see”, is reeds landwyd te hoor en is deur die sanger en liedjieskrywer Rudi Claase geskryf, wat ook van Andriëtte se vorige treffers soos “Dinge” en “Sewe oseane” gekomponeer het.

“Rudi het ’n gawe met skryf en ek wou graag my ondervinding ook in ’n liedjie omskep,” sê sy.

“Hy het dit perfek verwoord. Hy skryf ‘diep’ – woorde wat aan ’n mens se hart raak.”

Sy sê die album, wat volg op haar vorige ateljeealbums – Diamant (2008), Dink aan my (2009), Vat my hoër (2011), Wat rym met liefde (2013) en Pêrel vir ’n kroon (2015) – sluit musiek in wat soortgelyk aan haar vorige werk is, “maar daar is ook nuwe klanke. Dit is verseker ’n getuigskrif van my lewe en wat in my hart aangaan.”

Meer oor:  Druppel In Die See  |  Musiek  |  Andriëtte Norman  |  Hartsland  |  Andriëtte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.