Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
LUISTER: Bloedmaan beïnvloed Nieuwenhuis se nuwe album

Die bloedmaan-verskynsel in Julie 2018 het die sanger en musikant Riaan Nieuwenhuis so geboei dat hy besluit het om sy jongste album Bleeding Moon te noem.

“Die aand voordat ons aan die album begin werk het, het ek die verskynsel lank dopgehou,” sê Nieuwenhuis oor dié instrumentale album wat onlangs uitgereik is.

Bleeding Moon
Riaan Nieuwenhuis Foto: Nicola Kruger

“Die volgende aand het ek en Mark-Louis Ellis die klavier opgeneem. Ek het ook daardie aand, toe ek die bloedmaanfoto’s van Nelis Kruger gesien het, gereken ‘Bleeding Moon’ is gepas.”

Een van Kruger se foto’s is op die album se omslag gebruik.

Dit sluit aan by Nieuwenhuis se vorige werk wat deur die omgewing beïnvloed is.

“Om te lewe en vreemde lande te sien, tussen die Bolandse berge rond te ry, is alles deel van inspirasie."

“Ja, veral die Bolandse berge en vreemde lande.”

Hy meen die mens se bestaan is nutteloos sonder die natuur.

Hy was voorheen by ’n album betrokke waarop meer as 20 sangers te hoor is om die bewusmaking van herwinning te bevorder.

Hy is ook een van die kunstenaars op die album Diversiteit waarop verskeie kunstenaars sing.

“Om te lewe en vreemde lande te sien, tussen die Bolandse berge rond te ry, is alles deel van inspirasie. Gewoonlik gebeur die musiek terwyl ek met die instrument eksperimenteer.”

Nieuwenhuis, wie se musiekstyl blues, progressiewe rock en Latyns Amerikaanse style insluit, speel klavier, klawerbord, kitaar en tromme.

Bleeding Moon, wat uit nege snitte bestaan, volg op sy albums Reminiscence, Collaborator, Instigator en Mediator 1 en Mediator 2.

Musikante soos Albert Frost, Basson Laubscher, CJ Bergh, Almuir Botha, Heinrich Wesson en Riku Lätti het ook insette op Bleeding Moon gelewer.

Ellis (baskitaar en klank-ingenieur) en Jean Marais (tromme en perkussie) het hoofsaaklik saam met Nieuwenhuis aan die album gewerk.

“Instrumentele musiek is my passie, van klassiek tot ‘hard rock’.

“Die skryf van musiek is baie moeiliker as die skryf van lirieke. Woorde is algemeen. Dit is die norm vir kommunikasie. ’n Mens moet dit ritmies of melodies herrangskik in rym en ritme, en dan het jy lirieke.”

Meer oor:  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.