Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
LUISTER: Bob Dylan reik liedjie van 17 minute uit
Bob Dylan Foto: Getty Images

Die sanger en liedjieskrywer Bob Dylan het Vrydag onverwags ’n liedjie van byna 17 minute aanlyn uitgereik.

Dylan sê op Twitter die liedjie “Murder Most Foul” is ’n “ruk gelede opgeneem” en dat “julle dit dalk interessant kan vind”.

Hy het sy twiet afgesluit met die woorde: “Bly veilig, wees bedag, en mag die Heer se genade met jou wees.”

Die liedjie is glo Dylan se eerste oorspronklike lied in agt jaar. Volgens The Guardian is dit ook die eerste lied uit sy pen sedert hy in 2016 die eerste liedjieskrywer geword het wat die Nobelprys vir letterkunde wen.

Dylan sing aanvanklik in die liedjie oor die sluipmoord op die voormalige Amerikaanse president John F. Kennedy in 1963. Hy maak daarna talle popkultuur-verwysings en noem heelwat sangers en musikante op die naam, onder ander Stevie Nicks, The Beatles, Charlie Parker en The Eagles.

Rolling Stone berig dit is onduidelik of die liedjie die eerste voorsmakie is van ’n nuwe album; daar was glo onlangs gerugte oor die moontlikheid.

Luister self:

– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier

Meer oor:  Musiek  |  Nobelprys Vir Letterkunde  |  Bob Dylan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.