Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
LUISTER: Gaan Sone Joubert dalk 'Die Kontrak' wen?

Die internet is aan die gons oor 'n inskrywing vir VIA se splinternuwe televisieprogram, Die Kontrak.

VIA (DStv-kanaal 147) en die platemaatskappy, Coleske Artists, is saam op soek na die volgende groot Afrikaanse kunstenaar. In die nuwe TV-reeks Die Kontrak sal agt aspirantsangers dit uitspook om ’n gesogte platekontrak te wen.

Die inskrywings vir hierdie kompetisie stroom landwyd in, maar Sone Joubert van Gordonsbaai se weergawe van Laurika Rauch se Stille Waters het mense behoorlik aan die praat. Sone se inskrywing vir die kompetisie is al meer as 129 keer op Facebook gedeel en is al meer as 104 000 keer gekyk.

Onder haar inskrywing skryf sy: 

"Hi!!! Ek is Sone Joubert van Gordonsbaai en ek is 26 jaar jonk. Hierdie is my oudisie vir #diekontrak en die mentor wat ek graag wil hê is #Dewaldwasserfall. Baie dankie. Ek hoop julle geniet dit. Xx"

Hoe werk die kompetisie?

Dewald Wasserfall is een van die program se mentors. Saam met Elvis Blue, Tarryn Lamb en Monique Steyn, sal hulle elk twee sangers kies wat aan die program sal deelneem.

Elk van hulle stap die kompetisie binne met ’n platekontrak. Die uitdaging is egter om die kontrak te behou, want aan die einde van elke episode word een kontrak deur die grootbaas, Arnold Coleske, opgeskeur. Teen die einde van die reeks ontvang net die wenner ’n kontrak met Coleske Artists.

Deur die loop van die reeks sal die agt aspirantsangers ook week na week uitgekyk word deur ’n paneel van drie kenners: die musieksterre Corlea Botha en Theuns Jordaan en die kreatiewe regisseur van die Afrikaans is Groot-megakonserte, Barry Pretorius.

Luister na Sone inskrywing:

Luister hier na Laurika Rauch se oorspronklike weergawe van die liedjie:

Hoe kan jy inskryf vir Die Kontrak?

Voornemende sangers kan onder meer deur die NetNuus-app vir die kompetisie inskryf. Inskrywings sluit op 30 Junie om middernag. Laai hier die NetNuus-app af.

Meer oor:  Via  |  Dewald Wasserfall  |  Laurika Rauch  |  Musiek  |  Die Kontrak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.