Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
LUISTER: Is Liné Elvis Blue se gunsteling in 'Die Kontrak'?
Die sanger Elvis Blue is een van die mentors op Die Kontrak. Foto: Verskaf

Elvis Blue het reeds sy oog op een van die sangers wat vir Via se splinternuwe televisieprogram Die Kontrak ingeskryf het.

"Soms kan jy sien as iemand al ’n lang tyd met musiek werk," het Elvis oor Liné Koen se inskrywing op Instagram gesê.

"Ek kan nie my vinger op daai 'iets' sit nie, maar jy ervaar dit wanneer hulle musiek maak."

Via (DStv-kanaal 147) en die platemaatskappy Coleske Artists is saam op soek na die volgende groot Afrikaanse kunstenaar. In die nuwe TV-reeks Die Kontrak sal agt aspirantsangers dit uitspook om ’n gesogte platekontrak te wen.

Elvis is een van die program se mentors. Hy sal saam met die ander drie mentors, Dewald Wasserfall, Tarryn Lamb en Monique Steyn, elk twee sangers kies wat aan die program deelneem. Alhoewel Elvis baie van Liné Koen se inskrywing hou, het hy nog nie sy finale besluit geneem nie.

Luister hier na haar inskrywing:

Hoe werk die kompetisie?

Nadat die mentors elk twee sangers gekies het, stap elk van hulle die kompetisie binne met ’n platekontrak. Die uitdaging is egter om die kontrak te behou, want aan die einde van elke episode word een kontrak deur die grootbaas, Arnold Coleske, opgeskeur. Teen die einde van die reeks ontvang net die wenner ’n kontrak met Coleske Artists.

Deur die loop van die reeks sal die agt aspirantsangers ook week na week ondersoek word deur ’n paneel van drie kenners: die musieksterre Corlea Botha en Theuns Jordaan en die kreatiewe regisseur van die Afrikaans is Groot-megakonserte, Barry Pretorius.

Wat is Elvis se raad?

Elvis Blue beveel aan dat aspirantsangers hul inskrywings eenvoudig hou. "Stuur ’n eenvoudige, maar video van goeie gehalte in. Moenie 'n 'ateljee'-weergawe of musiekvideo instuur nie. Dis altyd goed om jouself voor te stel en iets te sing waarmee jy gemaklik is.

Elvis is reeds baie opgewonde oor die gehalte van die inskrywings. "Net om na hierdie video's te kyk die laaste maand het my persoonlik baie geïnspireer. Ek besef net weer hoe spesiaal musiek vir mense is, of jy nou ’n topsanger is, of net iemand is met ’n lied in jou hart. Dit maak nie werklik saak nie. Ek wens ek kan met elke persoon praat wat vir my ’n inskrywing stuur. En ek besef net hoe lucky ek is. Daar is besonderse talent daar buite."

Hoe kan jy inskryf vir 'Die Kontrak'?

Voornemende sangers kan onder meer deur die NetNuus-app vir die kompetisie inskryf. Inskrywings sluit op 30 Junie om middernag. Laai die NetNuus-app af.

Kyk ook na hierdie video vir meer inligting:

Meer oor:  Via  |  Kompetisie  |  Elvis Blue  |  Die Kontrak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.