Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
LUISTER: Kurt Darren sing liedjie van hoop

Die sanger Kurt Darren het Vrydag ’n nuwe enkelsnit uitgereik om “mense weer hoop te gee vir die tyd wat voorlê”.

Darren het saam met sy vriende Ernst Kleynhans en Daniel Green die liedjie “Die goeie ou dae” geskryf, wat hy sê deur die staat van inperking geïnspireer is.

Die titel verwys na die dae voor die uitbreking van die pandemie, toe samesyn nog alom was en mense sorgeloos oor en weer met mekaar kon kuier.

“Ek het verskriklik baie, net soos almal daar buite, my mense gemis – my vriende, familie, en natuurlik my ondersteuners wat ek elke week by vertonings gesien het,” sê Darren.

“Ons weet nie wat ons werklik het totdat dit weggeneem is nie. Ek kan nie wag om almal weer te sien nie, so dit is eintlik ’n goedvoel-liedjie.”

Darren, wat vanjaar sy 25ste jaar in die bedryf vier, het vroeër vanjaar vir die negende keer in sy loopbaan ’n Sama-prys gewen, dié keer vir sy 28ste album, #Partytjiedier. Hoewel hy bekend is vir sy sokkietreffers, veral liedjies soos “Hemel op Tafelberg”, “Loslappie” en “Meisie meisie”, het die stiltetyd hom tydens die inperking aangespoor om met “Die goeie ou dae” ietwat rustiger te raak.

“My musiek is gewoonlik vir die voete – dié een (die nuwe enkelsnit) is vir die hart,” sê hy.

“Ek het in hierdie tyd weer eens besef wat is belangrik vir my en my familie. Ek is nie ’n ou wat twyfel en bekommer oor alles nie – ek het die tyd gebruik om saam met my vriende in die bedryf die nuwe Global-handelsnaam te skep.”

My musiek is gewoonlik vir die voete – dié een (die nuwe enkelsnit) is vir die hart.
Kurt Darren

Darren gaan “Die goeie ou dae” vir die eerste keer op die verhoog by die konsert Afrikaans Gaan Global sing.

“Ek kan nie wag om te hoor hoe die mense my liedjie ervaar nie!” sê hy.

Die konsert vind op 31 Oktober by Sun City plaas. Kaartjies om die konsert aanlyn te stroom kos R250. ’n Naweekkaartjie, wat ook op 30 Oktober ’n braai met die span van die kykNET-kletsprogram Toks & tjopsinsluit, asook die Hardekole- akoestiese konsert, kos R1 500 (verblyf uitgesluit). Talle pakkette wat verblyf insluit, is ook beskikbaar. Bespreek by iTickets.

  • Kry “Die goeie ou dae” op talle digitale platforms hier: https://selectmusiek.lnk.to/grzr8ABz
Meer oor:  Sun City  |  Kyknet  |  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie  |  Pandemie  |  Inperking  |  Koronaviruspandemie  |  Covid-19  |  Staat Van Inperking  |  Covid  |  Sama  |  Kurt Darren  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.