Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Luister: Lance James ‘wil nie ou man inlaat nie’
Die omslag van Swansong van Lance James.

Al word sy nuwe album Swansong genoem, sê die countrymusiek-legende Lance James dat dit nie noodwendig sy laaste album is nie.

“Ek wil nie stilsit nie en ek gaan beslis nie lê nie,” sê James (80) oor die album wat op 7 Junie uitgereik word.

James sterk aan nadat hy onlangs in die hospitaal met longontsteking opgeneem was.

Dit is juis die liedjie “Don’t Let the Old Man In”, wat as die eerste enkelsnit uitgereik word, wat vir hom ’n inspirasie is.

“Dit laat ’n mens dink aan al die siektes en die ouderdom wat nader kruip.”

Dié liedjie uit die pen van die Amerikaanse countrysanger Toby Keith spruit uit ’n potjie gholf wat hy saam met die rolprentregisseur en veteraanakteur Clint Eastwoord (88) gespeel het.

Eastwood se op-en-wakker-leefstyl het hom beïndruk. Op Keith se vraag oor hoe hy dit doen, het Eastwood geantwoord: “You don’t let the old man in.”

Die liedjie is geskryf vir die Eastwood-fliek The Mule, wat in 2018 uitgereik is.

Swansong
Lance James “wil nie stilsit nie”. Foto: Jacqui van Staden

Lance, wat op 18 Julie 81 jaar oud word, sing op dié album musiek wat hy nog nooit voorheen opgeneem het nie. Die idee het al ’n dekade gelede by sy skoonseun, die omroeper Benjy Mudie, posgevat.

Die album bevat klassieke rock, Americana, country, blues en popliedjies. Gaskunstenaars soos Cindy Alter, bekend as die voorsanger van die destydse popgroep Clout, Nianell, Liza Brönner, Blackie Swart en Cito van Wonderboom kan ook op die album gehoor word..

Dit sluit in liedjies soos “The Glory of Love” en die heavymetal-groep Metallica se “Nothing Else Matters”.

Toe Mudie hom tien jaar gelede oor so ’n album genader het, het James nie gereed gevoel vir so ’n groot projek nie.

“Hy het net gesê: Onthou, ons gaan eendag daardie plaat maak. Verlede jaar het hy weer so gesê. My dogter Dionne (met wie Mudie getroud is) was toe eenmaal alleen by my. Sy het toe ook gesê: ‘Pa, jy moet dit doen.’ In September het dit begin om ’n werklikheid te word toe ons by die ateljee instap. Dit was alles vreemde materiaal party van die liedjies het ek nie eers geken nie. Dit was ’n nuwe rigting vir my, maar ons het gedink miskien sal dit kan werk. En Benjy se opwinding is vir my wonderlik. Daar mag dalk ’n tweede volume van Swansong wees.”

Swansong
Lance James se album, met musiek wat hy nog nooit voorheen opgeneem het nie, word in Junie uitgereik. Foto: Jacqui van Staden
Meer oor:  Musiek  |  Clint Eastwood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.