Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
LUISTER: Manie sing lied vir Bles, Gé, Cora Marie

Die sanger Manie Jackson het ’n emosionele liedjie geskryf om gestorwe Afrikaanse musieklegendes soos Bles Bridges, Gé Korsten, Cora Marie en Janita Claassen te vereer.

Die liedjie “Ek, Bles en Gé” is ingesluit op Jackson se jongste album, My beste en meer, waarmee hy terugkyk op ’n loopbaan wat in 2009 met sy eerste platekontrak by Select Musiek begin het. Hy sê dit was belangrik vir hom om eerste sy hoed op die album vir heelwat legendes te lig.

“Ek is baie betrokke met legendes en maak van kleins af gedenkwaardighede van sangers bymekaar,” sê Jackson. “Ek het ’n versameling van so 7 000 langspeelplate en 8 000 CD’s, plus boeke, video-opnames, konsertuitrustings en goue- en platinumtoekennings van verskeie sangers.

“Ek glo dat die helde uit die verlede deel is van ons herkoms, en hulle moet die eer kry wat hulle toekom. Daarom het ek die lied geskryf oor hoe ek in die hemel saam met al die legendes sing. Mense soos Cora Marie, Kupido, Janita Claasen, Koos Doep (Koos du Plessis), Lucas Maree, Ken Mullan en Gene Rockwell word ook daarin (in die liedjie) genoem.”

Manie Jackson se jongste album, ‘My beste en meer’.

Benewens dié liedjie, is die treffers “Julia”, “Engele”, “Vir pa”, “Onthou my”, “Liefde en genade”, “Laat dit reën”, “Nog net een keer” en “Die Onse Vader” ook op die album ingesluit. Jackson sê dit was eintlik maklik om die album saam te stel en te besluit watter treffers hy weer op die album wil uitreik.

“Ek doen sowat 180 optredes per jaar, so ’n mens begin agterkom wat die mense – uit verskeie streke van ons land – aanvra. Ek hanteer ook self my Facebook en hou alles fyn dop.”

Jackson is een van die min Afrikaanse sangers wat oor wye musiekgenres heen sing – gospel, country, sokkie, klassiek, tegno. Soms sing hy met ’n volle simfonieorkes as begeleiding, ander kere net met ’n enkele instrument. Hy hou van die veelsydigheid, sê hy, maar hy het tog ’n gunsteling-genre.

“Ek verkies ‘dieper’ liedjies wat tot mense se emosies spreek. Ek is nie ’n ‘bekkie, bokkie, baby’-sanger nie. Daar is baie mense met seer daarbuite, en ek wil ’n verskil maak. Daarom – en seker ook omdat my familie vol predikante is – lê gospelmusiek my baie na aan die hart. Maar om egter iets van alles te kan doen, wys ook ’n mens se diversiteit.”

Die sanger, wat op 30 Desember 40 jaar oud word, sê hy het oor die afgelope tien jaar baie bereik.

“Agt van (my) nege albums het goue-, platinum- of dubbel platinum-verkope oorskry. Ek het Sama- en Ghoema-pryse, ook die Udo Jürgens-prys vanuit Duitsland ontvang. Ludwig’s Roses het onlangs ’n roos na my vernoem, en ek het al meer as 600 000 km op ons land se paaie afgelê. Ek is baie dankbaar. Al wat ek vir nog 30 jaar wil doen, is sing en musiek maak.”

Meer oor:  Musiek  |  Janita Claassen  |  Cora Marie  |  Ge Korsten  |  Manie Jackson  |  Bles Bridges
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.