Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
LUISTER: Pandemie maak nie Bfn-koor se stemme stil

Ondanks die uitdagings wat veral kore in die pandemie ondervind, het Werner Stander, dirigent van die Bloemfontein-kinderkoor, oudisies gehou, gerepeteer en ’n video van die lied “Sisi ni Moya (We are one)” opgeneem. 

Stander sê die koor van 64 lede is vir repetisies in klein groepies verdeel en die opname is met groepe van agt sangers gemaak. Daarna was dit die klankman se taak om die groepe se sang saam te voeg om dit soos een koor te laat klink.

“Nie net die verdeling in groepe bemoeilik repetisies nie. Ook die feit dat die kinders deurentyd maskers moes dra en ver van mekaar moes staan. Die maskers maak werk aan klankproduksie feitlik onmoontlik, maar ons het die beste van die saak gemaak en is onder die omstandighede tevrede met die opname, hoewel die klank nie die ware Jakob is nie.”

Stander sê hy het op “Sisi ni Moya” besluit omdat die lied hom opgeval het tussen die tientalle wat hy geluister het in sy soeke na ’n repertorium vir die koor.

“ ’n Amerikaanse komponis het ‘Sisi ni Moya’ verwerk, wat selde gebeur, en in dié geval het Jacob Narverud dit boonop ’n moderne klank gegee waarby uiteenlopende gehore aanklank sal vind. Dit is in Swahili en Engels.

“Nog ’n rede vir my keuse is die onbekendheid van die werk. ‘Sisi ni Moya’ is in 2017 geskryf en tot nou baie min opgeneem of uitgevoer.”

Lede van die Bloemfontein-kinderkoor by Shanty Town op die Emoya-landgoed. Foto: Verskaf

Die visuele agtergrond vir die opnames is bekende Bloemfonteinse bakens, wat die natuurreservaat op Naval Hill, die kleurryke Shanty Town op die Emoya-landgoed en die dam in die Woodland Hills-landgoed insluit.

Luidens ’n mediaverklaring is die produksie deel van die korporatiewe inisiatief Changing Lives, waarvoor die Barzani-groep 1 500 komberse aan behoeftiges uitgedeel het.

Stander sê in die buitengewone omstandighede in die pandemie het hy besluit om oudisies nie tot enkele dae te beperk nie. Enigeen wat in die Bloemfontein-kinderkoor wil sing, kan enige tyd vanjaar ’n oudisie aflê. Belangstellendes kan ’n WhatsApp-boodskap na 084 512 4241 stuur.

Meer oor:  Naval Hill  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie  |  Pandemie  |  Inperking  |  Koronaviruspandemie  |  Covid-19  |  Covid  |  Werner Stander  |  Koor  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.