Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Luister: Piet Botha se musiekbra’s skryf afskeidslied

’n Liedjie ter herinnering aan die sanger en liedjieskrywer Piet Botha, wat in Junie dood is, word Donderdag op sy verjaardag op alle musiekplatforms uitgereik.

’n Groep plaaslike kunstenaars, wat lede van Botha se rockband Jack Hammer insluit, het saam die lied “Borrowed Time” oor afskeid en herinneringe opgeneem.

Piet Botha
Piet Botha

“Hy het ons almal soveel geleer en dit is ons manier om ook sy dood te verwerk,” sê André Kriel, wat die lirieke geskryf het.

“Ek het die musiek al ’n geruime tyd gehad, maar toe ek van Piet se siekte gehoor het, het ek die lirieke begin skryf.”

Dit begin soos volg:

Old friend

Seems it’s time for us to part

But it’s not the end

Botha is aan pankreaskanker dood. Hy sou Donderdag 64 jaar oud geword het.

Piet Botha

Kunstenaars wat aan die projek deelgeneem het, is Jonathan Martin, Tertius du Plessis en Paul van de Waal van Jack Hammer, Kriel en Kobus de Kock van The Black Cat Bones, Arthur en Rudolph Dennis van Akkedis en Gareth Wilson, asook die broers Lanie, Chris en Hein van der Walt. Hulle het die lied in The Wolmer-ateljee in Pretoria opgeneem, waar Botha die meeste van sy albums as deel van Jack Hammer opgeneem het sowel as ’n solokunstenaar.

Botha was onder meer lid van die groep Wildebeest. Hy het later in sy loopbaan eers Afrikaanse musiek begin skryf.

Kriel het Botha se familie van die liedjie se vordering op hoogte gehou.

“Op Piet se spesiale manier het hy ons almal eintlik daarop voorberei dat hy besig was om te sterf, maar al verwag ’n mens so iets, is dit nogtans baie erg wanneer daardie werklikheid inskop. Die rou was nogtans nie minder nie. Jy gebruik maar jou musiek om dinge te verwerk. Ek glo Piet sou hierdie liedjie approve het. Ons is ’n paar bra’s wat dit saam verwerk.”

Meer oor:  Piet Botha  |  Musiek  |  Enkelsnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.