Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
LUISTER: VS-, Jhb- Jeug-blaasensemble tree aanlyn op

Plekke ingeneem, instrumente gereed, wag vir die dirigent om sy stokkie te lig. Nie in dié geval nie.

Soos vir alle aanlyn musiek in die inperkingstyd het elke lid van die Vrystaatse en Johannesburgse Jeug-blaasensembles alleen tuis in sy kamer gesit. Op ’n tafel of bed is ’n selfoon gestel op “video recording” en in die ore is oorfone vir ’n “click track” sodat elkeen sy deel in dieselfde tempo as die res kan speel. Geen dirigent om leiding te neem nie en geen medespeler wat jy kan dophou nie. Jy is op jou eie.

Dis nie maklik nie en jy is nooit heeltemal seker of jou bydrae goed genoeg is nie, het menige jong blaser oor die gesamentlike opnames gesê.

Die inisiatief om die jeugspelers van die Vrystaat en Gauteng saam te voeg vir “Nkosi Sikelel’ iAfrika” en “Copacabana” is geneem deur Danré Strydom en George Foster, onderskeidelik houtblaas- en koperblaasdosent aan die Odeion Skool vir Musiek (OSM) in Bloemfontein.

Foster sê hulle het vyf ouer spelers betrek, maar die res is skoolkinders, studente in verskillende kursusse en gemeenskapslede.

Die Vrystaatse blasers tree gereeld op en is onder normale omstandighede ’n uitsonderlike groot orkes wat die Odeion-verhoog volsit.

Wanneer hulle weer na die werklike verhoog kan terugkeer om saam musiek te maak, weet niemand nie, maar intussen kan die publiek op die skakel hieronder na hul uitvoering luister. Léon Snyman en John Smit, tegnologiedosente aan die OSM, het vir die eindproduk gesorg.

Meer oor:  Musiek  |  Nkosi Sikelel’ Iafrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.