Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Luna op reis van McGregor na Pretoria
Luna Paige Foto: Robert Hamblin

Die sangeres Luna Paige bied vanaf 23 April ’n reeks konserte op haar gunsteling-dorpies in die Wes-Kaap aan. Daarna neem sy die grootpad na Gauteng en Noordwes vir optredes daar.

Op Vrydag 23 April moet McGregor regstaan. Sy tree in die At the Courtyard-restaurant op. Die deure open om 18:30. Kaartjies kos R80 of R180 wat ’n ete insluit. Bespreek by Quicket.

Op Saterdag 24 April kom Barrydale aan die beurt, waar sy in die Mud-galery optree. Die deure open om 17:00. Kaartjies kos R150 en sluit peuselhappies in. Besprekings kan gedoen word deur Lynne by 082 869 4281 te bel.

Op Sondag 25 April sluit Luna haar Wes-Kaapse toer af by die Stables Eatery & Bar op Stilbaai. Dit begin om 13:30. Middagete word vooraf bedien. Kaartjies kos R150. Kontak Paul by 066 129 1510.

Daarna volg verskeie konserte in Gauteng en Noordwes. Sy tree van 6 tot 9 Mei in Waverley (Pretoria), Midstream Estate (Centurion), Houghton (Johannesburg), en Potchefstroom op.

Op Donderdag 6 Mei is sy by die restaurant Respek in Waverley. Kaartjies kos R130 (vertoning) en R250 (vertoning en ete). Die deure open om 18:00. Kaartjies is by Quicket.

Op Vrydag 7 Mei is Potchefstroom aan die beurt, waar sy in die venue Claassen & Company optree. Kaartjies kos R250 en sluit ’n ete in. Navrae by info@claassencompany.co.za.

Op Saterdag 8 Mei is sy by die venue Jax in Midstream Estate, Centurion. Kaartjies kos R160 (wat sop en brood insluit). Besprekings en navrae: Jacolien 083 626 7810.

Op Sondag 9 Mei, Moedersdag, is die Foxwood-teater by Foxwood House in Houghton in Johannesburg aan die beurt. Kaartjies kos R150. Navrae: theatre@foxwood.co.za. Die vertoning begin om 12:15.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Luna Page  |  Konserte  |  Gauteng
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.