Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
M-Net bring ‘Starlight Classics’ na die kykers toe
Joshua Bouwer

Liefhebbers met ’n wye musieksmaak – van opera tot pop en Afro-soul – kan solank in hul dagboeke die uitsending van ’n musiekallegaartjie op die kassie aanteken.

’n Opname van die RMB Starlight Classics-konsert, wat verlede jaar in September by die Johannesburgse buiteklub aangebied is, gaan in die staat van inperking op 13 April op M-Net uitgesaai word.

Dié konsert, onder leiding van maestro Richard Cock, is verlede jaar vir die 21ste keer aangebied en sluit supersterre soos die sangers Zahara, Lee Scott, Siki Jo-An, Gaston Rivero (tenoor), Nombulelo Yende (sopraan), Musa Ngqungwana (bariton) en die laerskoolsensasie Joshua Bouwer in.

Charl du Plessis

Die pianis Charl du Plessis, die Quava Vocal Group en die Chanticleer Singers is ook op die verhoog.

Die konsertprogram sluit uiteenlopende werke in – van Antonín Dvorák se New World Symphony tot Miriam Makeba se wêreldbekende “The Click Song/Qongqothwane” en die liedjie “Never Enough” uit die rolprent The Greatest Showman.

Hou ook ’n oog op Du Plessis, wat gehore gaan wys hoe hy Edvard Grieg se Klavierkonsert in A mineur en Lady Gaga se liedjie “Bad Romance” saamvoeg.

* Die RMB Starlight Classics-konsert word op 13 April om 15:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) uitgesaai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.