Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Madonna word Madame X vir haar jongste album

Madame X is ’n geheimsinnige spioen, ’n student, ma, kind, non of straatvrou. Madame X is Madonna.

Die omslag van Madonna se jongste album Madame X.

Na weke van prikkels op sosiale media is dit nou bevestig – Madonna se 14de ateljeealbum Madame X word Woensdag bekend gestel met die lied “Medellín”. Die Colombiaanse sanger Maluma tree saam met haar op. Die lied sal op Woensdag 24 April om 22:00 op MTV (DStv 130) gehoor kan word.

Madonna het Sondag bekend gemaak dat die album uitgereik gaan word nadat sy ’n paar weke gelede brokkies op Instagram begin deel het. Saam met die aankondiging het sy haar aanhangers met ’n video van 90 sekondes aan haar nuwe alter ego “Madame X” bekend gestel. Sy dra daarin verskillende kostuums en vermommings.

Afgesien van die verskillende identiteite sê sy ook dat Madame X lig bring in donker plekke en dat sy vir vryheid veg.

Die wêreldpremière is Woensdag in Londen wanneer sy saam met die Britse platejoggie Trevor Nelson vir 30 minute oor die album sal gesels. Sy sal vrae beantwoord van haar aanhangers en Maluma sal vanuit Miami saamgesels.

Die volledige album word op 14 Junie uitgereik en die 15 liedjies is geïnspireer deur Portugal waar sy sedert 2017 woon. Sy sing in Portugees, Engels en Spaans. Daar sal ’n luukse uitgawe wees met twee bykomende liedjies op.

Ander sangers wat op die album gehoor sal word is Migos Quavo, Swae Lee van die hip hop-duo Rae Sremmurd en die Brasiliaanse sanger Anitta. Die vervaardigers is onder meer Mike Dean wat met Kanye West werk en Mirwais Ahmadzaï wat met Madonna saamgewerk het aan Music (2000), American Life (2003) en Confessions on a Dance Floor (2005).

Madonna mag dalk later een van haar vermommings nodig hê wanneer sy by die Eurovision-kompetisie in Israel optree. Die sangfees word van 14 tot 18 Mei in Tel Aviv gehou. Stemme gaan uit kunstenaarsgeledere op dat sy uit protes teen Israel nie optree nie.

Sy gaan waarskynlik toer om die album bekend te stel, maar geen datums is nog beskikbaar nie. – Mariana Malan

Bronne: Vulture, NME, Channel24, MassLive

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.