Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Marimbaspeler vat musiekpad na Japan

Om in te pas by die landetema van vanjaar se FynArts-fees in Hermanus het die marimbasolis Magda de Vries besluit om ’n pelgrimstog na Japan aan te pak.

Magda de Vries gee marimba-uitvoerings in Hermanus, Stellenbosch en Pretoria.

Nee, sy reis nie in persoon daarheen nie – sy sal op die spreekwoordelike wieke van die musiek teruggevoer word na dié land waar sy studeer het.

De Vries voer dié pelgrimsprogram vandeesmaand ook in Stellenbosch en Pretoria uit.

Op pad na Hermanus, waar sy Saterdag opgetree het, met net haar marimba as “geselskap”, vertel sy van die “herbesoek” aan Japan, die land waar sy in 1999 nagraads studeer het. Daar het sy kennis gemaak met die “betowerende musiek van die marimba-virtuoos en komponis Keiko Abe en die ritmies gekompliseerde kontemporêre werk van Tosji Itsjijanagi”.

De Vries het by Atsoesji Soegahara aan die Tokio-musiekkollege opleiding gekry waar sy geskiedenis gemaak het as die eerste buitelandse student aan dié instansie.

Soegahara het haar aan verskeie werke deur Japannese komponiste bekend gestel, waarvan sy Itsjijanagi se Portret van die woud in die program ingesluit het. Dit was een van die eerste werke wat sy in Japan geleer het.

Benewens die Japannese werke, sal De Vries ook dele uit Sebastian Bach se derde Tjello-suite op marimba uitvoer. Dit was dié werk wat sy vir haar oudisie gekies het en waarmee sy haar pad na die Tokio-kollege oopgespeel het. De Vries sê sy het destyds die Bach-werk gekies omdat sy geweet het Soegahara is ook ’n kenner van Bach se musiek op die marimba.

De Vries het as musiekstudent aan die Universiteit Stellenbosch (US) talle pryse en beurse gewen en daarna ook in internasionale kompetisies geseëvier.

Ná haar studie in Tokio het sy haar stelselmatig as marimbasolis in Suid-Afrika gevestig. Dit so synde dat sy ook ’n puik perkussiespeler is, word sy dikwels in dié rol deur orkeste ingespan.

Wanneer sy nie optree nie, gee sy marimbalesse aan die Beaulieu Preparatory School, die Universiteit van Pretoria en die Witwatersrandse Universiteit. Sy het die perkussie-sillabus vir die Unisa-eksamens opgestel en vorm saam met Frank Mallows die groep Duo FourIVTwo.

  • 19 Junie om 19:00, Endlersaal, Stellenbosch. R150 en R120 (studente en pensioenarisse) by Computicket.
  • 27 Junie om 12:00, AfriForum-teater (voorheen die Brooklyn-teater), Pretoria. Bespreek op die AfriForum-webwerf.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.