Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Masekela het nie geskroom om te help – Corlea Botha
Hugh Masekela Foto: Daily Sun

Baby, we must do something together.”

Dit was die eerste woorde wat die musieklegende Hugh Masekela aan Corlea Botha, vandag self ’n formidabele sangeres, gesê het toe hy haar in 2001 hoor sing het.

Masekela is vanoggend in die ouderdom van 78 dood ná ’n stryd teen kanker.

Botha sê sy het Masekela die eerste keer ontmoet as leerling toe sy aan ’n sangkompetisie deelgeneem het.

“Ná die optrede het hy na my toe gekom en gesê ‘baby, we must do something together’. Ek het gedink ek sou nooit weer van hom hoor nie totdat my foon maande later lui en dis hy.

Corlea Botha Foto: Simon Sonnekus

“Hy het weer gesê ons moet iets saam doen. In 2005 het die geleentheid gekom toe ek saam met Masekela aan die album Shades of the Rainbow kon werk.”

Volgens Botha het Masekela ’n groot rol in ander se lewe gespeel.

“Ek het hom oor die jare heen leer ken nie net as ’n kragtige en vervolmaakte sanger nie, maar ook as ’n mense mens.

“Hy het so ’n groot rol in soveel kunstenaars se lewe gespeel deur hulle uit die donker gat van verslawing te help.”

Hoewel sy enkele maande laas persoonlik met hom kontak gehad het, het sy deurlopend deur sy familie kontak behou.

“Ek is vandag baie hartseer. Nie net omdat ek ’n mentor verloor het nie, maar ook ’n dierbare vriend. Ek weet ook dat hy ’n vol lewe gehad het, baie mense gehelp het en sonder om iets in ruil te vra.”

Meer oor:  Hugh Masekela  |  Afsterwe  |  Jazz  |  Musiek  |  Musikant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.