Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Mathys Roets hou konsert in die tuin
Mathys Roets

Die sanger Mathys Roets tree Saterdag in die eerste van ’n reeks tuinkonserte op wat Lefra Produksies in Springs aan die Oos-Rand aanbied.

Ander konserte word nog beplan, maar Roets se konsert sluit verskeie van sy musiek op sy jongste album, Reën, in wat verlede jaar uitgereik is – nege jaar nadat sy vorige album die lig gesien het.

Dit word by die President’s Ranch-ekolandgoed gehou en gaste kan vir hul piekniekmandjies pak.

“Dis hoe ons deesdae konsert hou en ek moet se dis vir my heerlik om akoesties net met die kitaar en my stem op te tree,” sê Roets.

“Dit gee my weer die geleentheid om net op my talent te konsentreer. Hierdie tuinkonserte gee ons ook die geleentheid om persoonlik met ons gehore te meng en te kuier.”

Nadat vlak 1 van die staat van inperking in werking getree het, word 100 mense in teaters toegelaat en 250 mense by buiteluggeleenthede.

Volgens Roets is elke liedjie op Reën met diepte en warmte gevul en Saterdag se konsert verweef digkuns en musiek. Roets het ’n verskeidenheid gedigte en musiek versamel. Hy deel dan hierdie digterlike versamelstukke van die afgelope paar jaar intiem met die gehoor.

• Die samesyn begin om 18:00, maar die konsert begin om 19:00. Kaartjies kos R190.

Bespreek by lefrawinkel.co.za, stuur ’n e-pos na admin@lefra.com of bel Monica Booysen by 011 815 3000.

• Die Lefra-tuinkonserte word met die trotse ondersteuning van Grotman Biltong, RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes, Van Loveren Wyne, Renegades Removals, Ambassador Execudrive en Savvy Holdings aangebied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.