Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Mathys Roets sing in ’n tuinkonsert in Springs

Musici moet planne beraam om steeds hul stem te laat hoor ondanks die inperkingsregulasies wat groot konserte verbied.

Die kunstenaar Mathys Roets tree op 6 Maart in ’n tuinkonsert in Springs op.

“Dis hoe ons deesdae moet konsert hou en ek moet sê dis vir my heerlik om akoesties net met die kitaar en my stem op te tree. Dit gee my weer die geleentheid om net op my talent te konsentreer. Tuinkonserte gee ons ook die geleentheid om persoonlik met ons gehoor te meng en te kuier,” sê Roets.

Hy gaan onder meer snitte van sy nuwe album, Reën, sing. Reën is die samevloei van Roets se musikale vernuf en digkuns wat hy oor die afgelope nege jaar versamel het.

Die konsert, Intiem en Akoesties, vind by die Presidents Ranch Eco Estate plaas. Daar word reeds van 18:00 af gekuier. Die vertoning begin om 19:00.

Elke gas ontvang ’n glas Van Loveren-wyn en ’n pakkie Grotman-biltong. Gaste is welkom om ’n eie piekniekmandjie te pak. Weens die inperkingsregulasies is daar sitplek beskikbaar vir slegs 50 paartjies.

Bespreek aanlyn by www.lefrawinkel.co.za, deur e-pos te stuur na admin@lefra.com of deur Monica Booysen te bel by 011 815 3000. – Hanri Wondergem

Meer oor:  Mathys Roets  |  Springs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.