Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Maties-koor onderweg na Wallis
Die Stellenbosch-Universiteitskoor onder leiding van André van der Merwe.

Die Stellenbosch-universiteitskoor neem vanjaar deel aan die prestigeryke wêreldkoor-eisteddfod, die Llangollen- internasionale musiek-eisteddfod in Wallis.

Dit word van 29 Junie tot 15 Julie aangebied en die koor gaan onderweg na Wallis Londen en Bath aandoen waar hulle ook genooi is om uitvoerings te gee.

Die Llangollen-eisteddfod is nie net ’n wêreldbekende koormusiekfees nie. Dit is ook ’n viering van die musiek, danse en kulture van nasies oor die hele wêreld. Deelname aan dié fees is ’n geleentheid om talent aan ’n internasionale gehoor ten toon te stel en ook om interkultureel te deel en waardevolle ervaring op te doen – nie net van die beste koormusiek ter wêreld nie, maar ook van die kulture en waardes waarin daardie musiek gewortel is.

Ná hul terugkeer na Suid-Afrika later vanjaar sal die Stellenbosch-koor as spesiale gaste deelneem aan die Interkultur-Wêreldkoorspele in Tshwane.

Foto’ s: Jaco Marais

Ná hul deelname aan die Wêreldkoorspele in Riga in Letland in Julie verlede jaar was die Stellenbosch-koor vir die vyfde agtereenvolgende jaar nommer een op Interkultur se ranglys van 1 000 internasionale kore.

Die wêreld se topkoor tree verskeie keer binne die volgende paar dae in die Endler-saal, Stellenbosch, op:

25 April (18:15 vir 19:00) | Geldinsamelingsgeleentheid ten bate van Wineland Dogs

3 Mei 13:00 | Etensuurkonsert 1| (Gratis)

5 Mei 20:00| Galakonsert 1 |Endler

6 Mei 16:30 | Galakonsert 2 |Endler

10 Mei 13:00 | Etensuurkonsert 2 |(Gratis)

13 Mei 16:30: Die Stellenbosch-universiteitskoor sal ’n derde galakonsert by die Hugo Lambrechts-ouditorium in Parow aanbied.

Kaartjies, behalwe vir die twee gratis etensuurkonserte, is by Computicket beskikbaar.

Meer oor:  Wallis  |  Stellenbosch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.