Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Mense stroom meer as ooit na 2017 se Klein Karoo Klassique

Die Klein Karoo Klassique is vanjaar deur die grootste getal besoekers nog bygewoon – ondanks die huidige ongeunstige ekonomiese klimaat.

Charl du Plessis en Zanta Hofmeyr in Beethoven Tango by vanjaar se Klein Karoo Klassique. Foto: Lumico

Die fees is vanjaar vir die negende keer in Oudtshoorn gehou en het op 13 Augustus ten einde geloop.

Dit sal volgende jaar ter viering van ’n dekade van klassieke musiek op Oudtshoorn ’n dag langer wees en word van 9 tot 12 Augustus gehou.

Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk – aanbieder van Klein Karoo Klassique – het gesê dit dui daarop dat die fees se lojale gehoor waardering gehad het vir vanjaar se toeganklike musiek, groter variasie op die program en bekostigbare kaartjiepryse.

“Klassique het dit opnuut reggekry om kunsmusiek toeganklik te maak, gekenmerk deur verskeidenheid – van kitaar tot outentieke barok-instrumente en van soprane tot ’n verkorte opera. Die fees is op een plek aangebied (die NG Moederkerk), wat dit vir feesgangers moontlik gemaak het om tussen uitvoerings heerlike te kuier en te ontspan,” het Snyman in ’n mediaverklaring gesê.

“Ons het groot waardering vir die finansiële bydrae van ons hoofborge, die Rupert Musiekstigting en die Shanti Nilaya Trust, wat ons in staat gestel het om kaartjiepryse dieselfde as verlede jaar te hou. Ons is ook dankbaar vir die ondersteuning van die ATKV, die Oudtshoorn Courant, RSG, Die Burger, Hyundai Oudtshoorn en Klein Karoo International, sonder wie dié sukses nie moontlik sou wees nie.

“Die uitgebreide musiekprogram is aangevul deur ’n eerste restaurantteaterervaring en ons gaan beslis volgende jaar op hierdie gewilde konsep voortbou.”

Snyman vra dat feesgangers terugvoer oor Klassique na info@kunste.org.za moet stuur en ook nou reeds volgende jaar se datums moet aanteken.

Meer inligting oor Klein Karoo Klassique is beskikbaar by www.klassique.co.za, op Facebook (@KleinKarooKlassique) of Twitter (@kkarooklassique).

Meer oor:  Charl Du Plessis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.