Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Mathys Roets maak sy eie prentjies met sy laaste CD

Die sanger Mathys Roets het vir die eerste keer in ’n lang ruk weer sy CD-speler gebruik om te hoor hoe sy jongste album en laaste CD, Reën, klink.

Hy luister deesdae alle musiek digitaal en daarom is dié album die laaste wat as ’n CD sal verskyn.

Mathys Roets Foto: Carel Chapman

Dit word op 28 September met ’n beperkte oplaag uitgereik.

“Ja, die vreemde ding is jy gaan nie meer ’n konkrete ding kan vashou nie,” sê Roets.

“En ek onthou as kind was ek mal daaroor om plate te hê juis oor die omslae. Jy het daardie cover van voor tot agter gelees. Jy het van die foto’s gehou.

“Die ironie is dat die gehalte met digitaal baie beter is. Dit is die nou, en die pad vorentoe. Wie weet, miskien kom daar weer iets soortgelyk aan ’n CD.”

Dit is sy eerste album in nege jaar.

Dit bestaan uit 12 snitte, waarvan 11 vir die eerste keer opgeneem is. Die lang lys het uit sowat 30 snitte bestaan en Roets moes dit tot 12 verminder.

“Ek dink die liedjie kom daarop neer, jy moes jou finale dans gedans het toe jy die kans gekry het.”

Die titelsnit was nie op die aanvanklike lys nie.

“Met ‘Reën’ maak ek my eie prentjies,” sê Roets, oorspronklik ’n plaasseun van Reitz in die Vrystaat.

‘Reën’ deur Mathys Roets. Foto: Carel Chapman

Carel Chapman het dit geskryf.

“En elkeen wat daarna luister, sal ’n ander prentjie vorm. Dit was vir my baie belangrik dat die liedjies stories moet vertel, en boonop verskillende konnotasies vir verskillende mense teweeg bring. En soos en ek Jané (van Litsenborgh, sy vrou) na die album geluister het, was dit mooi om te hoor hoe die stories mekaar aanvul.”

Roets maak op Reën ook van digkuns gebruik.

Hy het “digterlike versamelstukke” gebruik en Matthys Maree het dié verse deur Nelius Boshoff getoonset.

Dit is “Bertus se ballade”, “Stasie in die skemer,” “Grassade en katedraal”, “Prinses van Wallis” en “Klaasvakie”.

“ ‘Klaasvakie’ het my dadelik laat dink aan ’n slaapliedjie wat my pa vir ons gesing het toe ons kinders was.”

Roets se eie pennevrug, “Waantoe nou”, is nog een van die snitte. Die komposisie is ook syne.

Piet van Wyk de Vries, wat al dikwels saam met Roets gewerk het, het die liedjie “Sprokie” geskryf.

Roets sing ook ’n lied van die ontslape Kanadese sanger Leonard Cohen.

“Thanks for the Dance” is die titelsnit van die album wat sy seun ná sy dood uitgereik het.

Maree het die liedjie verwerk.

“Ek sing mos al lankal ‘Dance Me to the End of Love’,” sê Roets.

“Cohen het die lewe nie net aanvaar nie. Hy het verstaan wie hy was. As ek op die plaas met my verkyker na die berg kyk, voel ek tevrede, want ek het dit geklim die laaste keer wat ek die plaas voor my ongeluk besoek het.”Hy is sedert 2009 verlam nadat hy in ’n motorfietsongeluk was.

“Ek dink die liedjie kom daarop neer, jy moes jou finale dans gedans het toe jy die kans gekry het.”

• Die album is in die Atterburyteater in Pretoria opgeneem.

• Besoek mathysroets.co.za om ’n album te bestel. Die album word eers later digitaal uitgereik.

Meer oor:  Mathys Roets  |  Atterburyteater  |  Pretoria  |  Reitz  |  Album  |  Digitaal  |  Musiek  |  Cd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.