Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Mick Jagger moet rus, kanselleer toer in VSA, Kanada
Mick Jagger, voorsanger van The Rolling Stones, is deur dokters aangeraai om eerder nie te toer nie.Foto: Getty Images

Die Rolling Stones se Mick Jagger is deur dokters aangeraai om eerder nie te gaan toer nie.

Jagger het Saterdag sy aanhangers op Twitter om verskoning gevra dat die Rolling Stones nie in Amerika en Kanada sal gaan toer nie.

“Ek haat dit regtig om julle in die steek te laat en ek is platgeslaan om die toer uit te stel, maar ek werk hard daaraan om so gou moontlik weer op die verhoog te wees,” het die 75-jarige Jagger op Twitter gesê.

Geen besonderhede is oor sy gesondheid bekend gemaak nie.

CNN berig dat die toer van 17 konserte op 20 April in Miami Gardens in die Amerikaanse deelstaat Florida sou begin.

Die Rolling Stones maak al vir die afgelope vyf dekades musiek en het drie Grammy-musiektoekennings in dié tyd ingepalm.

Volgens The New York Times was die musiekgroep die laaste keer in 2017 en 2018 op die verhoog te sien as deel van hul No Filter- Europese toer. Die laaste been van dié toer sou die musikante nou na Miami, Houston, Denver en Chicago geneem het. Hulle sou ook in Toronto optree. Dié been is nou uitgestel.

Meer oor:  Mick Jagger  |  Rolling Stones
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.