Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Mike Laatz sterf
Mike Laatz

Die Kaapse saxofoonspeler Mike Laatz, wat nog elke aand die week in verskillende voorstede van die Kaap sou optree, is Dinsdagoggend dood. Die 68-jarige Laatz het vermoedelik ’n hartaanval gehad.

Margie Wood, sy lewensmaat van die afgelope 17 jaar, sê hy het in 2017 ook ’n hartaanval gehad.

“Hy was die afgelope tyd baie broos, maar sy musiek het steeds sy lewe oorheers. Die optredes wat hy hierdie week nog sou doen, was maar die gereelde konserte wat hy altyd gedoen het.”

Volgens Wood het Laatz, wat in Johannesburg en Durban grootgeword het, altyd beplan om musiek deel van sy lewe te maak. Hy het op 12-jarige ouderdom geleer tromme speel en op 16 die saxofoon.

Mike Laatz

“Hy het van jongs af in ’n rock band gespeel en ook saam met sy ma in ’n orkes. Hy wou hom op jazzmusiek toespits. Hy het saam met mense opgetree en tydens geleenthede afhangende van wat die vereistes is,” sê Wood. Dit het ook troues en korporatiewe funksies ingesluit.

Hy was lid van verskeie trio’s.

Hy het in George Haydn se orkes in Durban en in Gilbert Lang se Evergreen Showband gespeel, maar het ook sy eie jazzorkes gelei.

Sy musiek is gebruik in die suiwelmaatskappy Dairybelle se televisieadvertensie en een van sy albums is gebruik in ’n bemarkingsveldtog van die eiendomsagentskap Pam Golding Properties, waar elke koper dié album ontvang het.

Van Laatz se albums is ook dikwels op verskillende radiostasies as die album van die week aangewys.

Laatz het in Claremont in die suidelike voorstede van Kaapstad gewoon en word ook oorleef deur twee kinders.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.