Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Mini-kunstefees in Kaapstad
Sandra Prinsloo lewer ’n program van Olga Kirsch se gedigte.

(Die naweekfees is uitgestel weens die toename in Covid-19-gevalle in die stad. Kontak Faren Esau by 021 406 2426 as u reeds kaartjies gekoop het.)

Die Suidoosterfees bied op 4 en 5 Desember saam met die Kaapstad-metro ’n naweekfees in die kleine in die Welgemeend-herehuis op die Hoërskool Jan van Riebeeck se terrein aan.

Daar is iets wat in elke gesinslid se smaak sal val. Versnaperinge is by alle aanbiedinge ingesluit.

• Vrydag 4 Desember om 19:00 begin die program met Somer-Kersfees. Die sopraan Amanda Osorio en bariton Niël Rademan word deur Zorada Temmingh op klavier begelei. Hulle is ’n bekende klassieke duo, en voer hul gunstelingliedjies uit musiekblyspele uit. Daar is ook Kersliedere op die spyskaart – om ’n voorsmakie van die vakansie en Kerstyd te gee. Osorio is ’n Spaans-Amerikaanse sopraan wat aan die Universiteit van Kaapstad studeer het. Rademan is ’n bekende in Kaapse musiek-en-teaterkringe en span kragte saam met Osorio en Temmingh vir wat hy as “ ’n intieme en innige konsert” beskryf. Aandete is ingesluit by die prys van R400 per kaartjie.

• Op Saterdag 5 Desember om 10:00 bied Sandra Prinsloo ’n voordrag van die digter Olga Kirsch se gedigte in Olga, die wandelende aan. Kirsch, ’n Afrikaans-Joodse digteres se lewe en werk word lewend gemaak deur Prinsloo. Kirsch is die tweede vrouedigter, naas Elisabeth Eybers, wat in Afrikaans gepubliseer het. Haar vader was ’n Litause Jood, en haar moeder was ’n Engelse Jodin. Sy is in Koppies in die Vrystaat gebore (1924). Afrikaans was haar derde taal en tog het sy besluit om juis hierin haar emosies te verwoord. Sy het van 24-jarige ouderdom tot haar dood in 1997 in Israel gewoon en het hoofsaaklik in Afrikaans gepubliseer. Ligte versnaperinge is by die kaartjieprys van R220 ingesluit.

• Om 13:00 is die sanger Devonicia Swartz en die kitaarspeler, violis en komponis Wilken Calitz aan die beurt met ’n sang-en-woordkunsprogram. Ligte versnaperinge is by die kaartjieprys van R220 ingesluit.

Emo Adams sing van sy gewildste liedjies op ’n piekniekkonsert.

• Die feestelike dag word om 15:30 met ’n piekniekkonsert saam met Emo Adams afgesluit. Hy sing van

sy gewildste liedjies en ook ’n paar goue oues op die konsert wat die vakansiegees behoorlik sal laat vlamvat. Versnaperinge is ook by die kaartjieprys van R220 ingesluit.

• ’n Voldagpakket vir die Saterdag-vertonings is teen R600 per persoon beskikbaar. Toegang tot al drie vertonings asook gratis versnaperinge is ingesluit. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Emo Adams  |  Sandra Prinsloo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.