Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
More wen Helgaard Steyn-prys

Die Kaapse komponis Adrian More is vanjaar met die Helgaard Steyn-prys vereer.

Adrian More

Hy het die prys Donderdag in Potchefstroom ontvang vir sy komposisie Piano Concerto No. 1 – wat uit drie bewegings bestaan, naamlik Vivace minaccioso, Adagio con molto espressione en Allegro molto e vivace.

Die Helgaard Steyn-prys ter waarde van R625 000 word jaarliks om die beurt aan vier kategorieë toegeken, naamlik musiekkomposisie, beeldhou, romankuns en skilderkuns.

Vanjaar se beoordelaars is proff. Hannes Taljaard en Bertha Spies van die Skool vir Musiek en Konservatorium aan die Noordwes-Universiteit en dr. Jan Beukes van die Odeion Skool vir Musiek aan die Universiteit van die Vrystaat.

Die beeldhouer Angus Taylor het dié prys in 2017 vir beeldhou losgeslaan.

More het sy wenkomposisie in November 2014 voltooi en dit is die eerste keer in die stadsaal in Kaapstad met die pianis Francois du Toit as solis uitgevoer onder begeleiding van die Kaapstad Filharmoniese Orkes.

Owain Arwell Hughes was die dirigent en Farida Basharova die konsertmeester.

Die drie dele van die komposisie heet, Vivace minaccioso, Adagio con molto espressione, Allegro molto e vivace.

Die prys word toegeken volgens ’n bemaking uit die boedel van dr. J.H. (Jan) Steyn.

Vorige wenners van dié gesogte prys sluit in die komponis Peter Klatzow vir musiek, die kunstenaar Wim Botha vir visuele kuns en die skrywers Dan Sleigh, Willem Anker en P.G. du Plessis vir romankuns.

Hou Netwerk24 dop vir ’n onderhoud met More.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.