Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Mozart as klankbaan gevier op fees
Linette van der Merwe

Met meer as 900 rolprente waarin die musiek van Mozart deel uitmaak van die klankbaan, word die musiekproduksie Mozart gaan fliek toevolgende week gedurende die Aardklop-kunstefees in Potchefstroom deur Sempre Opera aangebied.

Volgens die mezzosopraan Linette van der Merwe het die gedagte aan so ’n konsert reeds in 2014 ontstaan.

Mozart at the Movies is verlede jaar gedurende die Wakkerstroommusiekfees opgevoer.

Van der Merwe sê baie opnames en uitvoerings van klassieke musiek word vir rolprente gebruik, maar nie so baie van hulle konsentreer op net een komponis nie.

“Sempre Opera-konserte is hoofsaaklik tematies van aard, hoewel ons ook al vol produksies (Bastien und Bastienne (Mozart) en Amahl and the Night Visitors (Menotti) op die planke gehad het.

“Die Sempre Opera-geselskap beskik hoofsaaklik oor liriese sangers en die skoenmaker moet hom maar by sy lees hou.

“Dit was dus nie moeilik om gepaste arias en ensembles te kies wat in flieks se klankbane gebruik is nie.”

Die konsert duur een uur.

Sempre Opera het die voorstel van Mozart gaan fliek toe as ’n idee ingestuur met die nuus dat die Aardklop-kunstefees in ’n nuwe gedaante sou plaasvind. Sommige van die items in die konsert is in meer as een rolprent se klankbaan gebruik.

“Soave sia il vento” vir drie stemme uit Così fan tutte is in onder meer Sunday, Bloody Sunday (1971), Heaven’s Burn­ing (1997) en Closer (2004) gebruik.

“Eine kleine Nachtmusik” word in meer as 15 rolprente gebruik.

“Ons konsert bestaan uit arias, ensembles uit Mozart se meer bekende operas soos Die Zauberflöte, Le nozze di Figaro, Don Giovanni en Così fan tuttesaam met twee bewegings van “Eine kleine Nachtmusik” is op die program.

“Ons het ’n gedrukte program met ’n uiteensetting van die tonele in die operas waarin die aria of ensemble voorkom, en dan volg ’n opsomming van die rolprent waarin die betrokke musiek voorkom. ’n Mens sou graag die tonele uit die flieks wou wys, maar kopieregkoste is hoog.”

Die soliste is Deirdré Blignaut-Rautenbach (sopraan), Linette van der Merwe (mezzosopraan), Chris Mostert (tenoor) en Danie Verster (bariton). Hulle word deur Ferdi Geyer (klavier) begelei saam met agt lede van Sempre Opera-ensemble onder leiding van Christopher Nicolaou, wat sy debuut as dirigent vir Sempre Opera by Aardklop maak.

Van der Merwe glo as jy Mozart onder die knie kan kry, kan jy basies enigiets musikaals aanpak.

  • Mozart gaan fliek toe word op 5 Oktober om 15:00 en 6 Oktober om 12:30 in die kyk­NET-Konservatorium aangebied. Kaartjies kos R120. Bespreek by Computicket.
Meer oor:  Produksie  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.