Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Musgrave, Lady Gaga, Soweto Gospel Choir spog met Grammys

Kacey Musgrave het met haar album Golden Hour die kategorieë van album van die jaar en beste country-album op die 61ste Grammy-musiekpryse in Los Angeles, Kalifornië, gewen.

Kacey Musgraves

Musgrave het nog twee pryse gewen, beste country-lied met “Space Cowboy” en beste solo-country-vertoning met “Butterflies”

Die lied “This Is America” deur Childish Gambo het met vier Grammy-pryse weggestap. Dit is aangewys as opname van die jaar, lied van die jaar, beste musiekvideo en beste optrede van ’n rap-lied.

Dit is ook die eerste rap-lied wat as lied van die jaar aangewys word. Childish Gambo is die alter-ego van Donald Glover.

Lady GagaFoto: Getty Images

Die “Shallow” uit die rolprent A Star is Born met Lady Gaga en Bradley Cooper het die prys vir beste duo en beste lied geskryf vir visuele media gewen.

Cooper kon nie die geleentheid bywoon nie.

“Ek moet die Here bedank. Bradley, ek is mal daaroor om hierdie lied saam met jou te sing,” het Lady Gaga gesê.

“Ek is so trots daarop om te kan deel wees van ’n rolprent wat kwessies oor geestesgesondheid aanroer. Dit is so belangrik. Baie kunstenaars worstel daarmee en ons moet vir mekaar sorg. En as jy iemand sien wat ly, moenie wegkyk nie. Probeer om die waagmoed in jouself te vind en neem hulle saam met jou.”

H.E.R.

Lady Gaga het met “Joanne (Where Do You Think You’re Goin’?)” ook die prys vir beste pop-solovertoning ontvang.

Cardi B het tydens die seremonie die eerste vrou geword om die prys van beste rap-album met Invasion of Privacy te ontvang. Dit was ook haar eerste Grammy.

Dua Lipa

Dua Lipa is as beste nuwe kunstenaar aangewys.

Die Soweto Gospel Choir het die Grammy-prys vir beste wêreldmusiek met hul album Freedom opgeraap.

Die koor het ook in 2007 en 2008 die prys vir beste tradisionele wêreldmusiekalbum ontvang.

Sommige van die wenners:

Donald Glover

Album van die jaar

Golden Hour, deur Kacey Musgraves

Opname van die jaar

“This Is America” deur Childish Gambino

Lied van die jaar

“This Is America” deur Childish Gambino

Beste nuwe kunstenaar

Dua Lipa

Beste R&B-album

H.E.R. deur H.E.R.

Beste pop-solovertoning

“Joanne (Where Do You Think You’re Goin’?)” deur Lady Gaga

Beste pop duo/ op optrede deur ’n groep

“Shallow” deur Lady Gaga en Bradley Cooper

Beste tradisionele pop vokale album

My Way deur Willie Nelson

Beste pop vokale album

Sweetener deur Ariana Grande

Beste rock-optrede

“When Bad Does Good” deur Chris Cornell (postuum)

Beste rock-lied

“Masseduction” deur St. Vincent

Beste rock-album

From the Fires deur Greta Van Fleet

Beste alternatiewe musiekalbum

Colors deur Beck

Beste urban kontemporêre album

Everything Is Love deur The Carters

Beste rap-optrede

“King’s Dead” deur Kendrick Lamar, Jay Rock, Future and James Blake en “Bubblin” deur Anderson .Paak – gesamentlik

Beste rap-lied

“God’s Plan” deur Drake

Beste rap-album

Invasion of Privacy deur Cardi B

Beste country-album

Golden Hour deur Kacey Musgraves

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.