Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Musici deel hul gunsteling-Kersmusiek

Vra jy klassieke musici na hul gunsteling-Kersmusiek is ’n Boney M-CD of Koos du Plessis se “Somerkersfees” beslis nie op hul lys nie. Nie dat hulle dié musiek misken nie, hulle verkies net musiek wat die mensdom al eeue lank in die Kerstyd bekoor.

Anmari van der Westhuizen

* Anmari van der Westhuizen, tjellis in die Odeion-strykkwartet en verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), verkies om na oratoriums en Lieder te luister. ’n Oratorium geval haar omdat dit ’n gewyde werk deur ’n orkes, koor en soliste is, soos dié van Bach, Handel, Vivaldi, Mendelssohn en vele ander komponiste.

Wat Lieder betref, sal sy die tyd van die jaar Hanneli Rupert se CD met Brahms-liedere speel.

Zanta Hofmeyr

* Zanta Hofmeyr, ’n bekende violis en solis van Gauteng, hou ook van oratoriums en veral Bach se Kersfeesoratorium.

Sy vertel sy het op 5 Desember 2014 in die Berlynse Domkerk na ’n uitvoering van die werk gaan luister.

“ ’n Geweldige storm het daardie aand gewoed en toe ek terug is by my vriende se huis en die TV aanskakel om meer oor die storm te verneem, was die nuus oor Madiba se dood die eerste aankondiging wat ek hoor. Dit, saam met die wonderlike musiek in die kerk, was vir my ’n onvergeetlike ervaring waaraan ek elke jaar die tyd terugdink.”

Charl du Plessis

* Charl du Plessis, Suid-Afrika se Piano Man, die stigter van die Charl du Plessis-trio en Nataniël se eksklusiewe begeleier se gunsteling-Kersmusiek is beslis koormusiek – ou treffers soos “Hark the Herald Angels Sing”, “Once in Royal David City” en “Adeste Fideles”, maar gesing deur hedendaagse kore soos die John Rutter Singers of Kings College Cambridge.

“Afrikaanse Kersmusiek is ook mooi en hier neig my smaak ook na ou treffers uit die Halleluja-bundel soos ‘Bethlehem Ster’. Wie onthou dit nog?

“Omdat ek ook tuis is in jazzmusiek vind ek Diana Krall en Ella Fitzgerald se Kersalbums die ideale begeleiding vir ’n Kersmaal.”

Hanna van Schalkwyk

* Hanna van Schalkwyk, ’n sanger met haar eie sang-ateljee in Kaapstad, het een keuse: Bach se Kersfeesoratorium.

Sy vertel toe sy vroeg in haar loopbaan hierin gesing het, het die hele koor vir die mees onweerstaanbare aria tot nog toe, “Grosser Herr, o starker König”, gewag en dan saamgesing. “Die probleem was egter, dit is ’n solo-aria vir die bas, wat dan teen ’n hele koor moes sing.”

Jeanne-Louise Moolman

* Jeanne-Louise Moolman, die altviolis in die Odeion-strykkwartet, die residentkwartet van die UV, is ook versot op Handel se Messias.

“Ek weet dié oratorium is eintlik bedoel vir Paastyd, maar dit is immers ’n gewyde werk en vir my het dit ekstra betekenis omdat dit nie net mooi is om na te luister nie, dit is ook ’n plesier om ’n lid van die orkes te wees.

“In die werk sou ek darem graag ’n violis wou wees – hulle het mooier melodieë om te speel as die altvioliste,” sê sy.

Meer oor:  Charl Du Plessis  |  Bloemfontein  |  Johannesburg  |  Musiek  |  Kersfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.