Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Musici wen groot ATKV-pryse
Bridgitte Mathews, voorsitter van die ATKV-direksie, Bongani Kubheka (wenner van ATKV-Muziqanto), Cameron Williams (wenner van ATKV-Muziq) en Gerrie Lemmer, uitvoerende hoof van kultuur by die ATKV.

Die wenners van die ATKV-Muziq en -Muziqanto is die naweek by ’n glansgeleentheid by die Hugo Lambrechts-musieksentrum in Kaapstad aangewys.

Cameron Williams, die 21-jarige saksofoonspeler, het met die kontantprys van R70 000 weggestap as wenner en die pianis, Brian Bae, asook violis, Paul Loeb van Zuilenburg, was in die tweede en derde plek onderskeidelik, met R35 000 en R20 000 elk.

ATKV-Muziq is die nasionale instrumentale kompetisie vir klassieke musiek en die ATKV-Muziqanto is die kompetisie vir klassieke sangmusiek. Vrydag het daar sewe deelnemers uit elke kompetisie meegeding in die tweede ronde en Saterdagaand was albei se eindrondes saamgehou met die Kaapstadse Feesorkes, onder leiding van Richard Cock.

“Ons is baie bevoorreg om ’n direksie by die ATKV te hê wat ’n groot bewondering en geesdrif vir klassieke musiek koester,” sê Gerrie Lemmer, uitvoerende hoof van kultuur by die ATKV.

Die bariton Bongani Kubheka is as die wenner van ATKV-Muziqanto aangewys.

“Dit is ’n wonderlike gevoel,” sê Kubheka.

“My teenstanders was almal baie goed en dit was beslis ’n taai kompetisie. Ek het voor die kompetisie nog ’n vertoning in die Baxter-teater gehad en ek was nie seker of ek voorbereid genoeg was nie,” sê hy.

Luvuyo Mbundu (bariton) was tweede en Segomotso Shupinyaneng (sopraan) derde.

Meer oor:  Brian Bae  |  Cameron Williams  |  Paul Loeb  |  Atkv  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.