Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Musiekpryse: Skryf jou gunsteling-musiek hiér in

Musiekliefhebbers het vroeg in die jaar reeds twee kanse om te verseker dat hul gunsteling-musiek en -liedjies die kans staan om met ’n plaaslike musiekprys bekroon te word.

Yvonne Chaka Chaka gaan op die Sapmas saam met Vusi Leeuw, Morris Roda, Mahotella Queens en Ihashe Elimhlophe vir hul lewenswerk vereer word. Foto: Getty Images

Die South African Popular Music Awards (Sapmas), wat later vanjaar vir die heel eerste keer uitgedeel word, en die vyfde Mzantsi Jazz Awards (MJA) het inskrywings oopgestel en Jan Alleman ook genooi om topalbums, -kunstenaars en -liedjies vir dié pryse in te skryf.

Netwerk24 het vroeër berig dat die Sapmas, wat ook as #Popular bekend sal staan, jaarliks die voorafgaande jaar se gewildste musiek in talle kategorieë gaan bekroon.

Die Sapmas gaan sy aanvangsjaar met ’n ietwat aangepaste weergawe van die kompetisie vier: Enige enkelsnitte of albums wat in die afgelope dekade uitgereik is – 1 Januarie 2010 tot 31 Desember 2020 – kom vir ’n Sapma in aanmerking.

Die eerste prysuitdeling sal egter net op vyf musiekgenres fokus: (1) afro, (2) hiphop, (3) mbaqanga en maskandi, (4) gospel en (5) amapiano, gqom en kwaito.

Enigiemand moet op 25 April voor middernag enige musiek in dié kategorieë op www.sapopularmusicawards.co.za  inskryf.

“Daar is geen inskrywingsgeld nie. Die enigste vereiste is dat die musiek #gewild is,” lui ’n mediaverklaring.

’n Paneel sal al die inskrywings beoordeel en die benoemingslys opstel. Die publiek sal dan ook weer kan stem watter van die benoemdes ’n Sapma moet wen.

Die eerste Sapmas-toekenningsgeleentheid vind op 31 Julie in die Sun Arena in Pretoria plaas.

• Hoewel jazzmusiek nie vanjaar op die Sapmas in die kollig is nie, gaan die soeklig op die vyfde jaarlikse MJA geheel en al op dié geliefde musiekgenre val.

Inskrywings is nou oop. Enigiemand – kunstenaars, platemaatskappy, maar ook die publiek – moet hul gunsteling-jazzmusiek in kategorieë soos beste jazzalbum, beste kunstenaars, asook beste jazzklub, voor of op 23 Mei op die webblad https://forms.gle/sxWvpu4BzS19J4E7Ainskryf. Slegs jazzmusiek wat tussen 1 April 2020 en 31 Maart 2021 uitgereik is, kom vanjaar vir ’n MJA in aanmerking.

Benoemings word op 30 Junie aangekondig. Die vyfde MJA-toekenningsgeleentheid vind op 28 Augustus by World of Yamaha in Sandton, Johannesburg, plaas.

Besoek https://zajazzawards.co.za/ vir meer inligting.

– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier

Meer oor:  Sun Arena  |  Jazz  |  Gospel  |  Amapiano  |  Kwaito  |  Gqom  |  Afro  |  Maskandi  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.