Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Musikus bied virtuele konserte op verskeie platforms aan

In Bloemfontein het die veelsydige musikus Anton Esterhuyse geen bekendstelling nodig nie. As hy nie as pianis en musiekleier in produksies optree nie, doen hy verwerkings vir enige denkbare kombinasie van instrumente of hy komponeer musiek vir van kore tot solo-instrumente. Vandat verhoë verbode is, benut hy verskillende platforms vir virtuele aanbiedings waarvoor hy ook medekunstenaars betrek, soos hy so dikwels doen.

Anton Esterhuyse
Cézanne Yzelle
Ella Kotze

Esterhuyse werk tans aan drie projekte – Sunday Spirit, Monday Morning Serenade en die grootste, Anton en vrinne.

Anton en vrinne

Dié projek bestaan uit vier konserte met drie genooide kunstenaars vir elke aanbieding.

“Ek open die konserte met ’n klaviersolo en stel daarna die kunstenaars in kort gesprekke voor sodat die kykers hulle beter kan leer ken.”

Elke sanger kry dan kans om ’n lied te sing waarvoor Jaco de Wet (kontrabas/baskitaar), John Smit (tromme) en Esterhuyse op klavier die begeleiding verskaf.

Vir die laaste nommer op die program span al die kunstenaars saam.

Esterhuyse sê die deelnemers is musikante saam met wie hy oor die jare heen opgetree het en die konserte is moontlik gemaak deur ’n borgskap van die Kunstetrust. Daar is egter nog ’n menigte kunstenaars wat al saam met hom op ’n verhoog was en as hy meer borgskappe kry, sal hy ook saam met hulle soortgelyke konserte kan aanbied.

Volgens Esterhuyse is gehalte en verskeidenheid die boustene van die konsertreeks wat bestaan uit blinkgepoetste treffers, asook van sy oorspronklike komposisies.

Die konserte is op die gasteplaas De Oude Kraal buite Bloemfontein opgeneem. Dit is van 20:00 op die gegewe dae hieronder op YouTube beskikbaar. Elke aanbieding duur 35 minute en kan gratis gekyk word. Tik net in Anton en vrinne.

  • 6 September: Hier sing die manne, met Du Preez Stoltz, Riaan Naude en Levert Solomons.
  • 13 September: Divas, met Ilse Fourie, Martinette Spoelstra en Cézanne Yzelle.
  • 20 September: Vertel vir my ’n storie, met Jacobus Silwer, Mario Lategan en Ilne Fourie. Fourie gaan ’n storie vertel aangevul met atmosferiese agtergrondmusiek deur Esterhuyse.
  • 27 September: Going Low, met Ella Kotze, Jana Stoltz en Margie Anderson.

Sunday Spirit

Vir dié reeks van geestelike musiek het Esterhuyse die operasopraan Sibongile Mngoma, tromspeler Angelo Mockie en verskeie ander sangers betrek. Dit word elke tweede Sondag van 16 Augustus af om 13:00 uitgesaai. Die kaartjies kos R50 by Quicket.

Monday Morning Serenade

Elke Maandag om 06:00 laai Esterhuyse ’n video op sy Facebookblad waarin hy ’n bekende komposisie speel – “rustige klaviermusiek om die week mee te begin”. Esterhuyse sê dit is sy manier om mense te help om elke week op ’n positiewe noot te begin.

Meer oor:  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.