Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Mzansi stof supergroep uit met hul weergawe van liedjie

Die Amerikaanse supergroep Major Lazer het ’n weergawe van die Mzansi-jeugkoor van hul nuwe liedjie “Can’t Take It from Me” op sosiale media gedeel en dit lyk of hul miljoene aanhangers meer van die Suid-Afrikaanse weergawe as van die oorspronklike een hou.

Vroeër het duisend mense na die video van die plaaslike koor se weergawe op hul Instagram-platform gekyk, maar nadat Major Lazer die liedjie op hul platforms versprei het, het meer as 35 000 mense binne ’n paar ure daarna gekyk.

Dié jeugkoor, wat in Soweto gebaseer is, het sedert hul totstandkoming 16 jaar gelede tot ’n formidabele groep gegroei wat al saam met musieksterre soos Beyoncé, D’Banj van Nigerië en Lira opgetree het.

“Can’t Take It from Me” kom oorspronklik uit die pen van die Jamaikaanse sanger-liedjieskrywer Skip Marley, die kleinseun van die legendariese reggae-sanger Bob Marley.

Watter weergawe is die beste?

Meer oor:  Musiek  |  Major Lazer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.