Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Nataniël bring sy nuwe vertoning na Kaapstad
Nataniël

Kaapstad. – Nataniël bring sy jongste vertoning, Mannequin, vir ses opvoerings na die Kunstekaap.

Die gegewe is ’n skrywer wat ’n skugter kleremaker nader met die idee om ’n boek oor sy lewe te skryf.

In Mannequin word hierdie storie vol vrees, humor, wreedheid, die waarheid en fantasie vertel.

Die stories word in Engels en Afrikaans vertel. Van Nataniël se eie oorspronklike musiek word gehoor en daar is ook verskeie verrassende verwerkings van wêreldbekende ­treffers van ander kunstenaars.

Saam met Nataniël op die verhoog is die musikante Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (baskitaar) en Hugo Radyn (tromme).

  • Dit is van 12 tot 17 April en het ’n ouderdomsperk van 15. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Nataniël
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.