Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Nataniël sing liedjies in skoonste weergawe
Nataniël

Nataniël ervaar altyd ’n helende oomblik tydens sy laaste konsert van die jaar.

Messenger, wat uit splinternuwe verhale in Afrikaans én Engels bestaan, word volgende week in die Atterburyteater in Pretoria aangebied.

“Ek soek die skoonheid, geluk en inspirasie rondom my,” sê hy oor Messenger, waarvan die titel te doen het met iets wat sy ouma altyd gesê het.

“Sy het gesê dat mense altyd tot die vreemdste uiterstes sal gaan om ’n boodskap uit te kry en dat – as jou oë oop is – die lewe se tekens eintlik reg voor jou is.”

Nataniël hou eintlik nie van die werklikheid van die lewe nie omdat dit dikwels so sleg gaan.

“Ek lewe eintlik ’n borrel, maar af en toe kyk ek na die aarde en dis dikwels morbied, ek weet nie of dit ooit sal beter gaan nie. Daarom vind ek elke dag ’n manier om ondanks alles in retrospek te kyk.”

Dit doen hy nie net met Kersfees nie.

“Die hele jaar bou op na my laaste konsert van die jaar. Die musiek is beautiful, en ek probeer nie progressief of eienaardig wees nie.”

Nataniël deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas), Peter Auret (tromme) en sanger Nicolaas Swart.

Die program sluit musiek in wat Tom Jones, Amy Winehouse en B.B. King gesing het.

“Maar nie soos hulle dit gesing het nie,” sê Nataniël.

“Ons gee stokou musiek ’n nuwe asem. Dis nie kommersieel nie. Ek sing musiek wat Amy Winehouse en Tom Jones wel gesing het, maar dis musiek wat nog vroeër bestaan het. Mense dink dalk hulle het dit geskryf. Ek moet die song in sy skoonste weergawe kry.”

En getrou aan ’n Nataniël-konsert dra hy nie net een kostuum nie. Die ontwerper Floris Louw het weer vir al sy uitrustings in dié konsert gesorg.

“Mense wil nie hierdie tyd van die jaar gebombardeer word nie. Elke aand van hierdie show bestee ek die dag deur Kersgeskenke toe te draai.

Mense dink dalk dit is simpel of sentimenteel – en ek is albei – maar hierdie konsert is vir my kosbaar.”

* Messenger word vanaf 27 November tot 1 Desember om 20:00 opgevoer en op 2 Desember om 15:00. Kaartjies kos R250 tot R270. Bespreek by Computicket.

Dit het ’n ouderdomsbeperking van 15.

Meer oor:  Nataniël  |  Charl Du Plessis  |  Atterburyteater  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.