Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Nataniël vier Valentynsdag in Kimberley
Nataniël

“Bid jou aan,” sê Charl du Plessis, “Nata­niël is vreeslik verlief en nou wil hy op ­Valentynsdag optree. Hy sê hy gaan dit die mees romantiese Valentynsdag van alle tye maak.”

Op 14 Februarie gaan hy sy liefde in Kimberley ten toon stel – sy liefde vir stories en sing.

Du Plessis, Nataniël se begeleier die afgelope 18 jaar, sal ook op die verhoog wees om hom te begelei wanneer hy sy gunsteling-blues, -jazz en -popmusiek sing.

Hy sal ook van sy snaaksste stories in Engels en Afrikaans vertel, waarvan een uit sy nuutste boek, Zip!

En wat is ’n Nataniël-vertoning sonder uitspattige kostuums? Daarom het hy sy ­jare lange ontwerper Floris Louw gevra om vir hom ’n nuwe versameling uitrustings te maak. Die optrede word in die Taberna Dei in Kimberley aangebied. Besprekings kan gedoen word by 083 746 8385.

Meer oor:  Nataniël  |  Charl Du Plessis  |  Kimberley  |  Optrede  |  Valentynsdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.