Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Net 38 in gehoor toegelaat vir ‘Onvoltooide simfonie’
Esthea KrugerFoto: Verskaf

Net 38 musiekliefhebbers sal die voorreg hê om vandeesweek na ’n simfoniekonsert deur die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO) in ’n konsertsaal te luister. Dit boonop met die bekroonde Esthea Kruger as pianis, die gevierde dirigent Bernhard Gueller op die podium en Schubert se weergalose Onvoltooide simfonie op die program.

Dié uitvoering Sondag in die Hugo Lambrechts-ouditorium in Parow word opgeneem vir die KFO se Cyber Symphony-reeks, en sal die gehoor dus ook insae in die verloop van so ’n proses gee.

Kruger, wat Mozart se Klavierconcerto nr. 20 speel, het ná haar musiekstudies by Nina Schumann en Luis Magalhães aan die Universiteit Stellenbosch (US) ’n doktorsgraad uitvoerend in 2012 onder Vladimir Viardo aan die North Texas-Universiteit in die VSA verwerf.

Daarna is sy na Duitsland waar sy in 2015 ’n verdere diploma in klavier uitvoerend aan die Hochschule für Musik Würzburg ontvang het, asook ’n tweede meestersgraad in kunsliedbegeleiding in 2019.

Onder die talle pryse en beurse wat sy al gewen het, is die Unisa Nasionale Klavierkompetisie, die Samro- oorsese beurs, ATKV-Muziq en die Internasionale Vredesbeurs, asook ’n beurs van die Hochschule Würzburg.

Lykele Temmingh en Liezl Stoltz tree in die eerste van vier konserte deur die KZN Filharmoniese Orkes op. Foto: Verskaf

Benewens optredes as solis is sy ’n kranige kamermusikus en stigter van Neues Lied, ’n fees vir kontemporêre kunsliedere in Duitsland. As die Covid-19-regulasies dit toelaat, sal dié fees vanjaar ook in Kaapstad gehou word.

• Die konsert begin op 7 Maart om 14:00 in die Hugo Lambrechts-ouditorium in Parow. Die kaartjies kos R150 by Quicket. Ondanks die verslapping na vlak 1 van die inperking sal die dra van maskers en die handhawing van ’n gesonde afstand tussen individue geld.

Samewerking

Shirley Gueller, die KFO se bemarkingstrateeg, sê om te verhinder dat stromingsdatums van die drie grootste orkeste in die land oorvleuel, sal hulle voortaan met mekaar beraadslaag.

Die samewerking behels ook dat al die datums bekend gemaak word sodat die publiek ’n volledige oorsig het.

Die KFO se eerskomende Cyber Symphony-reeks bestaan uit vier konserte waarvan Jeremy Silver die eerste drie dirigeer en Bernhard Gueller die laaste uitvoering.25 tot 29 Maart: Mozart Hobo-concerto en Jupiter-simfonie. Solis: Lisa White.

1 tot 5 April: Richard Strauss Horing-concerto nr. 1, Haydn Simfonie nr. 104. Solis: Shannon Theubes. 8 tot 12 April: Stefans Grové Concertino vir altviool en fluit, Beethoven Simfonie nr. 2. Soliste: Gabriele von Dürckheim (fluit), Petrus Coetzee (altviool).

15 tot 19 April: Mozart Klavier-concerto nr. 20, Schubert Onvoltooide simfonie. Solis: Esthea Kruger.

Die KZN Filharmonie se konsertprogram is:

4 tot 7 Maart: Mozart Fluit-concerto in G majeur, Beethoven Simfonie nr. 6 (Pastoraal). Solis: Liezl Stoltz. Dirigent: Lykele Temmingh.

11 tot 14 Maart: Mendelssohn Hebrides, Bruch Kol Nidrei met die tjellis Aristide du Plessis as solis, Schubert Onvoltooide simfonie. Dirigent: Schalk van der Merwe.

18 tot 21 Maart: Kimmy Skota (sopraan) sing arias van Mozart en Verdi, Brahms Simfonie nr. 1. Dirigent: Jeremy Silver.

25 tot 28 Maart: Grieg Klavier-concerto, Dvorak Simfonie nr. 8. Solis: Francois du Toit. Dirigent: Brandon Phillips.

Die kaartjies is by Quicket en kos R200 per konsert of R600 vir al vier konserte.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.