Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Nianell weer ná 4 j. op verhoog
NianellFoto: Verskaf

Die sangeres Nianell gaan ná vier jaar haar terugkeer tot die verhoog maak nadat sy ’n blaaskans geneem het om onder meer ’n nuwe selfhelpboek, Life Simplified, te skryf.

Die liedjieskrywer, wat in 2001 met die album Who Painted the Moon? gedebuteer en dit met nog sewe trefferalbums opgevolg het, sê sy het in dié tyd ook haar kennis oor die genesende krag van musiek én die meditasietegniek ThetaHealing verbreed. Dit wat sy geleer het, bied sy ook nou as motiveringspreker en fasiliteerder vir mense in groepe of individuele sessies aan.

“Ek het die afgelope vier jaar baie gestudeer, kursusse aangebied en meestal op coaching gefokus, maar musiek was deel van dit alles,” sê sy. “Ek het net musiek op ’n helende manier gebruik in plaas van vir vermaak.

“Musiek is baie genesend en help om mense se hart oop te maak. Dit verminder pyn en laat ’n mens goed voel, so ek fokus nou daarop om musiek se genesingskrag te ontgin.”

Die omslag van Nianell se nuwe selfhelpboek, ‘Life
Die omslag van Nianell se nuwe selfhelpboek, ‘Life Simplified’.

Nianell sê sy het in dié tyd baie oor haar eie lewe en loopbaan geleer, onder meer “dat ek my eie werklikheid skep deur wat ek dink, voel en glo”.

“Dis ongelooflik bemagtigend en ek oefen nou elke dag om goed te voel,” sê sy. “Ek het geleer om te laat gaan, minder te probeer beheer en om meer te speel. Ons is hier om die lewe te geniet – en dit is wat ek nou doen.”

In haar nuwe konsert, wat ook Life Simplified heet, gaan sy ou treffers sing en vir gehore meer oor haar selfhelpboek vertel; daarmee saam gaan sy konsertgangers op ’n paar nuwe snitte trakteer, wat teen die middel van volgende jaar op haar nuwe album, Shine, uitgereik sal word.

Dít is net een van die hoogtepunte waarna sy in die nuwe jaar uitsien.

“Volgende jaar wil ek soveel as moontlik rus, speel en myself geniet. Ek begin wel my aanlyn (kommunikasie- en meditasie-)kursus, Connect, in Januarie, en ek skryf ook my derde boek, wat ek volgende jaar wil uitreik.”

  • Nianell se konsert Life Simplified word op 28 Desember om 20:30 in Die Boer-teaterrestaurant in Durbanville, Kaapstad, aangebied. Kaartjies teen R175 is by 021 979 1911 of www.dieboer.com beskikbaar.
Meer oor:  Musiek  |  Nianell  |  Die Boer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.