Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Nicol Viljoen gedenk Arnold Bosman
Nicol Viljoen Foto: Foto24

Elke jaar gedenk die Odeion Skool vir Musiek (OMS) aan die Universiteit van die Vrystaat twee Bloemfonteinse musici wat diep spore getrap het – Nettie Immelman, ’n uitnemende pedagoog, en Arnold Bosman, ’n pianis en dirigent.

Bosman se gedenkkonsert is elke jaar eerste aan die beurt en vanjaar vind dit op sy sterfdag op 4 Februarie plaas.

Hy is in 2005, op 47 jaar, aan ’n breingewas in Italië oorlede. Die eerste gedenkkonsert is in 2010 gehou toe sy ouers, dr. Willem en Heleen Bosman, wat steeds in Bloemfontein woon, Arnold se musieknalatenskap aan die OSM geskenk het.

Nicol Viljoen, hoof van die OMS, sal werke van Mozart uitvoer.

Sy program sluit Fantasia in C mineur, K.475, Klaviersonate in F majeur, K.332 en die Adagio in B mineur, K.540 in.

Bosman was ’n leerling aan Grey-kollege en het sy B.Mus.-graad aan die Universiteit van Kaapstad behaal. Daarna het hy sy vlerke oorsee gespan en ná opleiding in Brittanje en Nederland ’n tuiste in Italië gevind.

Daar het hy oor 20 jaar sy stempel afgedruk as begeleier­ van veral sangers, as dirigent van die Musica Rara-orkes in Milaan, en as artistieke direkteur van die operahuis in Bari.

Die Musica Rara-orkes het onder sy leiding nuwe lewe gekry deur die uitvoer van vergete meesterstukke van komponiste soos J.C. Bach, Hasse, Samartini, Mozart en Haydn. Bosman het self die werke opgediep.

In Bari is dié musikoloog, historikus en uitvoerende kunstenaar deur musiekliefhebbers geloof vir “die herlewing van musiek” wat hy in dié stad bewerkstellig het.

Bosman is aangestel met die uitdruklike opdrag om die vervalle operageselskap nuwe lewe te gee, wat hy met entoesiasme en groot kundigheid aangepak het.

Hy het in ’n kort tyd veel vermag en was dit nie vir sy voortydige dood nie, kon Bari ’n belangrike sentrum in die Italiaanse musieklewe geword het.

  • Die Bloemfonteinse pianis Johan Cromhout het ’n Ph.D.-skripsie oor die lewe van Bosman geskryf.Arnold Bosman se gedenkkonsert is gratis vir die publiek en begin Donderdag om 19:30 in die Odeion-teater op die UV-kampus.

Meer oor:  Elretha Britz  |  Pianis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.