Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Nóg kunstenaars boikot Ghoemas, nóg ’n borg waai

Die lys van kunstenaars wat Woensdag gesê het hulle sal nie die Ghoema-toekenningsgeleentheid bywoon nie, het verder aangegroei – terwyl nog ’n borg hom aan die geleentheid onttrek het.

Steve Hofmeyr Foto: Deon Raath

Adam Tas, Dewald Wasserfall, Bobby en Karlien van Jaarsveld, Nicholis Louw, Bok van Blerk, Jay, Arno Jordaan en Corlea Botha het tot dusver hul steun aan Steve Hofmeyr toegesê en sal nie die geleentheid bywoon nie.

Jay sê op Twitter die Ghoema-pryse wat hy voorheen ontvang het, sal nou nie eens goed genoeg wees om as ’n deurstop gebruik te word nie.

Dit volg nadat die benoeming van die musiekvideo “Die land” teruggetrek is op aandrang van MultiChoice wat ’n borg van die Ghoema-pryse is. Hulle het beswaar gemaak omdat Hofmeyr in die video verskyn.

Die Afrikaanse kunstenaar Neil Somers sê op Facebook hy is spyt dat hy nie planne gehad het om te gaan nie, want anders sou hy ook nou die geleentheid geboikot het, terwyl die sanger en liedjieskrywer Pierre Rossouw op Facebook gesê het hy wens sy medesangers wat onder kontrak is, sterkte toe.

“Ek eer die sangers wat voet neersit, so ook die radiostasies soos Bok Radio/Bok TV wat dit eenvoudig nie toelaat nie,” skryf Rossouw.

Hy wens ook die rolspelers by die Ghoemas wat nie noodwendig met die besluit saamstem nie, sterkte toe.

Rossouw is ’n aanbieder by Bok Radio wat reeds Dinsdag sy borgskap aan die geleentheid onttrek het uit protes teen die besluit om die benoeming terug te trek.

Die maatskappy Immunadue het Woensdag ook gesê dat hy sy borgskap aan die Ghoemas onttrek.

Ek eer die sangers wat voet neersit, so ook die radiostasies soos Bok Radio/Bok TV wat dit eenvoudig nie toelaat nie.
Pierre Rossouw

Schalk Mulder, hoof van die maatskappy, sê in ’n mediaverklaring die maatskappy wil nie met die huidige gebeure verbind wil word nie en hy sal eerder ’n ander toekenningsgeleentheid wil ondersteun.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het ’n ope brief aan Heidi Edeling, hoof van die Ghoemas, geskryf.

Hermann sê in die brief mense is kwaad omdat die benoeming vir een van die beste liedjies teruggetrek is.

Hy skryf verder die Afrikaanse gemeenskap voel vervreemd, magteloos en geïsoleerd en dat die lied ’n positiewe boodskap aan mense uitdra.

Die vakbond het volgens hom pas ’n gilde vir Afrikaanse kunstenaars gestig, juis om kunstenaars teen boelies te beskerm sodat hulle vry kan wees.

“Ons kan nie jul besluit omdraai nie, maar ons kunstenaarsgilde gaan met ’n veldtog begin om te verseker dat minstens net soveel mense na ‘Die land’ op sosiale media kyk as wat mense na die Ghoemas op televisie gaan kyk,” skryf Hermann.

Meer oor:  Ghoemas  |  Dr. Dirk Hermann  |  Steve Hofmeyr  |  Boikot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.