Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Nog ’n Rhapsody in Bloem-konsert in November
Van links is Petro Engelbrecht (klawerbord),John Smit (baskitaar) en Jaco de Wet (tromme). Foto: Verskaf

Al het reënweer gedreig om die eerste Rhapsody in Bloem-konsert ná die streng inperking te pootjie, was die opkoms verstommend, en daarom het Petro Engelbrecht, die stigter van die konsertreeks, besluit om nog ’n konsert in die buitelug aan te bied.

Die musikante sal weer op die stoep van die planetarium op Naval Hill in Bloemfontein stelling inneem en die konsertgangers kan weer in hul motors op die parkeerterrein sit. Hulle is ook welkom om kampstoele en komberse te bring om buite die motors te sit, terwyl eet- en drinkgoed dit nog geselliger sal maak.

Engelbrecht (klawerbord), John Smit (baskitaar) en Jaco de Wet (tromme) het weer ’n speellys van ligte musiek saamgestel. Baie van die liedjies is bekend, maar word in dié geval instrumentaal uitgevoer. Dit sluit in “When I Fall In Love”, “One Note Samba”, “The A-train”, “Mona Lisa”, “I Hear a Rhapsody”, “The Way You Look Tonight” en “On The Street Where You live”.

Engelbrecht sê die drie musikante gaan in ’n stadium musiekroulette speel – hulle gaan instrumente ruil.

Sy het bevestig haar belofte van ’n konsert in Desember met ’n sanger en Kersliedjies, sal gestand gedoen word.

Die komende konsert is op 6 November om 18:00 en die kaartjies kos R80. Bespreek by 082 824 5507 of muzic2create@gmail.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.