Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Nog ’n SA komponis sterf

Die Brits-Suid-Afrikaanse tjellis, komponis en dirigent Allan Stephenson is Maandag in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad dood. Hy was 71.

Allan Stephenson Foto: Facebook

Sy vrou, Christine, het in ’n kort verklaring op Facebook geskryf hy is aanvanklik weens longontsteking in die hospitaal opgeneem. Hy het herstel, “maar diabetes het sy tol geëis en nier- en hartversaking veroorsaak”.

“Hy was ’n toegewyde eggenoot, pa en oupa, en hy het so baie plesier met sy toeganklike musiek verskaf.

“Dankie, my liewe Allan, vir ’n huwelik van 48 jaar en ál jou musiek.”

Stephenson se dood volg op dié van die Hongaars-Suid-Afrikaanse pianis en komponis dr. Thomas Rajna, wat op 16 Julie by sy huis in Kaapstad geval, sy heup gebreek, en die volgende dag in die Vincent Pallotti-hospitaal dood is.

Meer hieroor volg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.