Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Nuwe Afrikaanse konsert in Pretoria

Musiekliefhebbers kan uitsien na ’n splinternuwe Afrikaanse musiekfees en opskop wat op 29 September in die Sun Arena in Pretoria plaasvind.

Robbie Wessels gaan op 29 September by die Sun Arena in Menlyn by die Bakgat in Afrikaans-konsert te sien wees.

Die musiekpromotor en eienaar van Bakgat Promosies, Christo Booyens, is geen onbekende in Kaapse musiekkringe nie, maar dis die eerste keer dat hy die Bakgat in Afrikaans-konsert Pretoria toe bring.

“Dis hoogtyd dat ons julle Valies kom bederf met ’n splinternuwe produksie saam met gewilde kunstenaars soos Nadine, Robbie Wessels, Juan Boucher, Manie Jackson en Arno Jordaan,” sê Christo.

Al die sangers gaan die geleentheid kry om ’n hele paar van hul bekendste treffers te sing. Christo vertel dat hulle uit hul pad gegaan het om die kaartjiepryse so laag as moontlik te hou sodat die konsert toeganklik is vir almal, veral gesinne met kinders.

“Dit is een van die min konserte waar kinders halfprys betaal en ons doen dit juis omdat ons weet dit ruk ’n gesin se sak as jy kaartjies vir vier mense moet koop,” sê Christo.

Besprekings kan gedoen word by Computicket en navrae kan gerig word aan Mara 082 463 4351 of Christo 082 895 5093.

Kaartjies kos R100 vir kinders onder 12 en R160, R175 of R185 vir volwassenes. Pensioentrekkers betaal R150 of R160.

Meer oor:  Sun Arena  |  Pretoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.