Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Nuwe Afrikaanse musiek

Die middel van die jaar is ryk aan nuwe albums, kortsnitte waarna solank geluister kan word totdat die volledige album op die rak kom en musiekvideo’s.

Sommige kunstenaars is al ou vriende, ander maak vir die eerste keer stem dik, ander bring herinneringe terug en ander maak nuwe deure na luistergenot oop.

*Wynand Strydom bring met sy album Skielik is jy vry hulde aan Koos du Plessis met 16 liedjies. Hy het verlede jaar ’n musiekvideo opgeneem van “Skielik is jy vry” en toe reeds was dit so gewild dat ’n hele album gevolg het.

Die liedjies is nuut verwerk en met bykomende instrumente soos viool en klavier klink dit nuut sonder dat die oorspronklike sjarme verlore gaan. Dit is sy agtste soloalbum en was vinnig ná sy bekendstelling al boaan die Itunes-toptien.

Die musiekvideo vir “Gebed” is in Riebeeck Kasteel, in die Kaap geskiet. Kyk daarna by

Kyk video hier: http://www.youtube.com/watch?v=bfDytz6IkV0

*Coenie de Villiers is ’n kragtoer op sy eie, maar tog bring hy telkens mense in wat net daardie iets ekstra byvoeg. Sy jongste album in medewerking met Mauritz Lotz is Pure Coenie waarop hy onder meer saam met Francois van Coke ’n onvergeetlike weergawe van Johannes Kerkorrel se “Hillbrow” sing. Vir die lied “Walls” het hy Vicky Sampson bygetrek en vir die lieflike “Eendag” is daar Joshua na die Reën, Brandon October en Leon Gropp. Om die seël op die verrassings te plaas, is daar “The Dinner” met John Kani as verteller en klavier as deel van ’n betowerende duet, opgevolg deur die Odeion-strykkwartet se instrumentale weergawe. ’n Gunsteling is wel Coenie op sy eie met “The Heart”.

*Brain Cloete se eerste soloalbum is Oukie van Namakwaland. Hy het dit met die hulp en leiding van Riku Lätti vir Wasgoedlyne Produksies die lig laat sien. Cloete is musiek is so ongerep as die landstreek waaruit hy kom en met die streek se bekoorlike aksent. Boonop maak hy sy liedjies wanneer hy bedags skape oppas. Hy amuseer met die beskrywing van ’n paar reëls wat so lekker geklink het dat hy dit nie kon ophou sing nie. Hy meen die skape en bokke het dit gelike. Hierdie oukie van Namakwaland sing ’n mens se hart warm. Veral “Tien gebooie” is ’n klein volkskat.

*Elvis Blue se jongste enkelsnit is “Die hartklop van ’n pa”. Dis die eerste enkelsnit van sy album Stories wat vandeesweek uitgereik is – dis sy eerste album wat in Afrikaans en Engels is en waarvan die meeste liedjies deur ander kunstenaars gewild gemaak is. Dit is ook liedjies waarna hy geluister het toe hy jonk was en sluit liedjies van Cat Stevens en Chris de Burgh in. Besoek Huisgenoot op Netwerk24 om na die video te kyk.

*Saarkie se musiekvideo van hulle jongste treffer “Langpad” is die afgelope Vrydag op die kykNET Top-20 vrygestel. Die verloop van tyd word aangedui deur die groeplede se klere wat verander, terwyl hulle steeds besig is om op presies dieselfde plek aan hul musiek te skaaf. Dis die tweede snit van die Ghoema-bekroonde album (Beste Rock-Album), Queen van die toorbos. Die video is simbolies van die groep se vooruitgang en is maar net ’n voorsmakie van die opwindende dinge wat hulle beplan.

Saarkie

Kyk die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=Eeb3t0Gdu7w

*Marcato se nuwe enkelsnit “Staan net by my” is deur die hele groep self geskryf tydens ’n skryfsessie in Parys langs die Vaalrivier. Die lied gaan juis oor die rustigheid van die natuur en die plaaslewe – die mooi van die natuur en waar enigiemand sal wil gaan rus en om met iemand spesiaal hierdie stilte te deel.
Besoek die skakel https://www.dropbox.com/sh/32s04kf272w9rv8/AABWn5YyNrIK7sAiwPpqRsTMa?dl=0

*Francois van Coke se jongste kortspeler En vriende bevat vier liedjies wat gemaak is in samewerking met Jack Parow, Die Heuwels Fantasties, Early B en aKing se voorsanger, Laudo Liebenberg.  En vriende" wissel van rock tot punk tot hiphop wat sy veelsydigheid as musikant weer eens wys. Hy beplan sy derde vollengte solo-album vir volgende jaar.
Stroom of kry "En vriende" hier: https://song.link/envriende
Daar is ook ’n nuwe musiekvideo vir die punksnit op die kortspeler, “Ek lewe, ek belowe” met Die Heuwels Fantasties.

*Die sanger, radio-omroeper en TV-aanbieder, Riaan Grobler se nuwe enkelsnit “Alles” is ’n kommersiële danstreffer en die titelsnit van sy nuutste album. Dit word aan die einde van Augustus uitgereik. Dit word in Hollywood, Beverley Hills se Rodeo Drive, Universal Studios en Disneyland verfilm. Hy is tans in Los Angeles vir opnames van ’n nuwe TV-program (Hollywood hier kom ek!).

*Beeskraal vier hul 20 jaar in die musiekbedryf met 20 jaar in die kraal. Dit is ’n versameling van hul grootste treffers oor die jare en sluit liedjies in soos “Strate van Pretoria’’, “Redes”, “Duisend ure”, “Plaasdorp” en ’n splinternuwe Anton Goosen-keurspel.

Meer oor:  Afrikaanse Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.