SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Musiek
Nuwe ‘Binamaculo’-liedjieboek is hier!
Bonisile Gcisa

Koorleiers en musiekonderwysers sal bly wees om te verneem dat ’n sesde liedjieboek in die Binamaculo-reeks nou beskikbaar is.

Bonisile Gcisa, ’n navorser in Afrika-musiek aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), sê die versameling liedere is gemik op kinder- en vrouestemme, oftewel stemme wat nie gebreek het nie.

Die vorige vyf uitgawes is georden volgens geestelike, Christelike, speel-, trou- en wiegeliedjies.

Gcisa se taak is om inheemse liedjies op te spoor en dit van Westerse musieknotasie te voorsien sodat dit vir ’n breër musiekgemeenskap toeganklik is. Van die liedjies wat hy opdiep, is in solfa-notasie, maar die meeste bestaan net mondelings.

Soos in die meeste vorige boeke het Gcisa ook in die nuutste uitgawe ’n eie komposisie ingesluit en ’n liedjie wat buite die tema val.

“Island of Love” is vir tenoor, bas en bariton geskryf, terwyl die res van die liedjies geskik is vir sopraan- en altstemme, dus vir kinders en volwasse vrouestemme.

Gcisa se komposisie is die geestelike lied “Pelonomi ya morena”.

Die sewende Binamaculo sal tergliedjies bevat.

Gcisa is ook aan die skryf aan ’n Kerskantate in Suid-Sotho en ’n boek oor die lewe en musiekloopbaan van 30 swart Vrystaatse komponiste.

“Al hul werke is koormusiek in solfa-notasie wat ek in Westerse notasie sal omskakel sodat dit ook gepubliseer kan word.

Gcisa is die dirigent van die UV se Suidkampuskoor wat hy in 2018 gestig het met die doel om die gemeenskap hier aan kamermusiek bekend te stel.

“Ons ken groot kore wat tot sowat 80 lede het, dit is waarmee ons grootword. ’n Koor van 25 lede, soos die Suidkampuskoor, is ’n nuwigheid vir die sangers en vir die gehoor. Dit is hoe dit gaan bly, ek gaan nie die koor vergroot nie.”

* Die Binamaculo-boeke kos R150 elk en kan by Gcisa bestel word by 082 358 8846. Die eerste 50 kopers sal dit vir R120 kan koop. Inligting oor die musiekboeke verskyn ook op die ATKV-webwerf.

Meer oor:  Musiek  |  Kore
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.