Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Nuwe fliek op die horison vir Karlien
Karlien van Jaarsveld.

Die sangeres Karlien van Jaarsveld se nuutste eerbewys het skaars staanplek gekry of ’n nuwe album is op pad.

“Ek het net gister na ’n nuwe liedjie vir die nuwe album geluister en dit is baie mooi,” sê Van Jaarsveld, wat Saterdag op die toekenningsgeleentheid van die Suid-Afrikaanse Musiekpryse (Samas) die eerbewys vir die beste popalbum (in Afrikaans) gewen het.

“ ’n Mens weet nooit wat om te verwag by die Samas nie. Dit is so groot en almal in die musiekbedryf is daar. My hart het so geklop. En toe moes ek dink wat ek gaan sê.” Van Jaarsveld sê sy berei nie sommer ’n toespraak voor nie. “Ek wing dit maar,” sê sy en lag.

Sy het ook op die glansgeleentheid in Durban opgetree.

Dit is haar tweede Sama en sy het vroeër vanjaar ’n Ghoema-prys ontvang.

“ ’n Mens kan nooit daaraan gewoond raak nie en ’n mens hoop altyd dit is ’n goeie album, maar dit is ’n baie groot voorreg as jy die prys wen.”

Sy sê die Sama gaan nou voor al die ander eerbewyse in haar studeerkamer staan.

“Ek wil dit nie sit waar almal dit kan sien nie. As iemand dalk daar verbyloop, kan hulle maar gaan kyk,” sê ’n beskeie Van Jaarsveld.

Sy sê sy probeer om met haar albums net haarself te wees en is baie nou betrokke by alle aspekte daarvan. Sy skryf ook van die liedjies self.

“Ek dink hoe meer true ’n mens is, hoe meer waarheid is daarin en hoe meer jy net jouself deel, hoe beter.”

Daar is nog nie ’n vasgestelde tyd vir die uitreiking van die nuwe album nie, maar sy hoop dit gebeur teen die einde van die jaar.

“Dit is maar altyd ’n stresvolle situasie, maar ek sien altyd uit daarna dat mense die nuwe goed hoor.”

Sy sê sy sal graag nog in Engels wil sing. Maar, benewens haar musiek, is daar soveel ander dinge wat sy wil doen.

“Ek sê juis gister vir iemand ek wil nog soveel dinge doen. Ek wonder of daar ooit genoeg tyd is.”

Hoewel sy nog nie te veel kan verklap nie, word ’n projek saam met haar broer, Bobby, beplan, en gaan sy na verwagting volgende jaar begin met die verfilming van ’n nuwe fliek.

“Die fliek word nog geskryf, maar hulle stuur vir my elke nou en dan drafts. Ek love dit (toneelspel). Dit is eintlik my groter passie.”

Ready for the SAMA's 22 dankie @anelbothac vir my fav rok nog oooooooit!!!! Jys die BESTE!!!!!!

'n Foto geplaas deur Karlien (@karlienvanjaarsveld) op

Me, @nathi_mankayi and #Daniël some great surprises #SAMA's2016

'n Foto geplaas deur Karlien (@karlienvanjaarsveld) op


#SAMA Awarda 22

'n Foto geplaas deur Karlien (@karlienvanjaarsveld) op



Meer oor:  Bobby Van Jaarsveld  |  Karlien Van Jaarsveld  |  Toneelspel  |  Sama  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.